Successfully reported
+51

Afrika Pearl Guesthouse

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 20 Patriot Street, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 395 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Geleë in die middel van die Paarl, net 60 km vanaf Kaapstad, is die lieflike Afrika Pearl Gastehuis wat gaste pragtige eenhede bied met uitsigte oor die tuin, swembad en Paarlberg.

Die gastehuis bied aan gaste 'n keuse tussen verskeie eenhede. Die lieflike selfsorg-eenheid, Granite Grey, spog met sy eie tuin, privaat ingang en onderdakstoep. Tranquillity, The Patriot en The Pearl is by die hoofhuis geleë en bied toegang tot 'n tradisionele stoep wat na die tuin en swembad lei. Elke eenheid is toegerus met 'n TV met volledige DStv, WiFi, 'n kluis vir waardevolle items, lugversorging en verwarmers asook 'n elektriese kombers. Hierdie nie-rook eenhede het ook privaat ingange.

Die selfsorg-eenheid, Granite Grey, het slaapplek vir 2 gaste en het 'n kombuisie wat toegerus is met 'n tweeplaatstoof, oondjie, yskas en al die nodige toebehore. Hierdie eenheid het ook 'n privaat tuin. 'n Draagbank of bedjie is beskikbaar en moet gereël word.

The Patriot and Tranquility het slaapplek vir 2 gaste elk en die kamers het 'n klein sitarea, lugversorging, warm komberse vir die winter, 'n kluis, TV, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n yskas. Die eenhede bied ook toegang tot 'n onderdakstoep met 'n tuin-uitsig en 'n swembad. Handdoeke is beskikbaar vir swem. 'n Draagbank of bed kan gereël word.

The Pearl het 2 driekwartbeddens, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskas, kluis, warm komberse vir die winter, lugversorging, 'n TV en WiFi.

Die eiendom het ook sonkrag tydens beurtkrag.

Verskeie restaurante soos Wiesenhof Koffies, Jackson & Black, Hennie's en Cattle Baron is binne 'n kort entjie se stap van die gastehuis af geleë, en Paarl word omring deur wynplase en besienswaardighede om gaste te vermaak.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Wasgoeddiens
Swembad
Toeganklik vir kosaflewerings-apps
Mooi uitsig
Vervoerdienste

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 35 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Eddie C
Saam met lewensmaat
5.0
Baie netjies en mooi. Ja, was heerlik. Kan dit regtig aanbeveel.
Jun 2025
Samantha A
Besigheidsreis
5.0
Lovely unit, spacious and comfortable. Friendly welcome. Highly recommended. Stylish, comfortable accommodation. Well-equipped kitchen,...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2025
Elna L
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik gebly! 'n Heerlike ruim kamer met alle geriewe wat nodig is en veral meer. Baie gasvry en hartlik verwelkom.
Jan 2025
Heather S
Besigheidsreis
5.0
Best boutique for business. Beautiful rooms and stoep to relax after a hectic travel/work schedule. Very accommodating and simply detai...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2024
Maret L
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtig, netjies en spesiaal. Ons het heerlik gebly. Christelle het moeite gedoen om ons welkom te laat voel. Die eenheid is pragtig en smaakvol inger...
Sien meer
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Christelle Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 35

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 20 Patriot Street, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Gaste dink Afrika Pearl Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 395
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 395
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 395
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 20 Patriot Street, Paarl, 7646, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa2e8de2e9c2e44cfd947c99c61715495f68530b590bdd6503b54bb2fb2c1520b0da0688659b839fa7f7341ee69530343b8e9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 395 per nag, vir 2 mense 35 5 1 5 20 Patriot Street Paarl 7646 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -33.741610593069 18.966078758212

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang