Agterplaas
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 15 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 66, 6th Avenue, Melville, 2092, Gauteng
- Vanaf R1 099 per nag (plek vir 1)
Beskrywing
Agterplaas is Afrikaanse kunstenaars se Jannie du Toit se breinkind in die hartjie van Johannesburg. Hy het dit in die familie gehou en dit onlangs aan Annemie & Elroy, gasvryheidsghoeroe's, verkoop. Die Gastehuis is in 'n baie stil straat en kyk uit oor die historiese Melville Koppies Natuurreservaat. Die uitsig, rustigheid en voëllewe laat besoekers maklik vergeet dat hulle in Suid-Afrika se besigste stad is.
Die verblyf bied 14 en suite-kamers wat ingerig kan word as enkel-, dubbel- of tweeling. Alle eenhede het waaiers, verwarmers, 'n slim-TV, 'n yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe. Veilige parkeerplek is beskikbaar teen geen ekstra koste nie, en ons bied gratis breëband Wi-Fi internettoegang.
Ons bedien 'n verskeidenheid ontbyte, in ons groot eetkamer met outentieke Oregon Pine-vloere en geperste staalplafonne. Op versoek maak ons heerlike aandetes teen bekostigbare pryse.
Die besienswaardighede van die Melville se “7de Laan” boetieks, boekwinkels, koffiekroeë en nagklubs is net 'n hanetreetjie weg.Ons is sentraal geleë, ongeveer 3 kilometer vanaf die Universiteit van Johannesburg en 7 km vanaf Wits, die SAUK en Mediapark, en 5 km vanaf Milpark Hospitaal asook Garden City en Helen Joseph.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Annemie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 16
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- 66, 6th Avenue, Melville, 2092, Gauteng
- Gaste dink Agterplaas het ’n uitstekende ligging
Toeganklikheid
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 15 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 66, 6th Avenue, Melville, 2092, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang