Arikreukel
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 16 Arikreukel Street, Pearly Beach, 7220, Wes-Kaap
- Vanaf R2 300 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Arikreukel is net 200 m van die strand af geleë en is 'n lieflike selfsorgvakansiehuis met hoë plafonne en kan 'n ideale opsie wees vir 'n gesinswegbreek in Pearly Beach in die Overberg-streek.
Dié eiendom bied slaapplek vir altesaam 8 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed, terwyl die derde slaapkamer die solderarea beslaan en 'n dubbelbed sowel as 2 enkelbeddens het. 'n Hoekbad, stort, wasbak en toilet is in die tweede badkamer beskikbaar. Gaste moet hul eie beddegoed en handdoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n wasmasjien. Van die kombuis af lei 'n etenstafel met sitplek vir 8 waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Langs die eetarea is 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek. Hierdie leefarea het ook 'n ingeboude braai.
Buite is daar 'n patio met buitesitplek en braaigeriewe. Die ligging van hierdie eiendom is naby 2 geriefswinkels asook 2 kroeë waar gaste 'n ete kan gaan geniet. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Leefarea
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Schalk Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 11
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- 16 Arikreukel Street, Pearly Beach, 7220, Wes-Kaap
- Gaste dink Arikreukel het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 16 Arikreukel Street, Pearly Beach, 7220, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang