Successfully reported
+63

Flamingo Beach

Selfsorg
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 39 4th Street, Langstrand, Erongo
  • Vanaf R9 200 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Flamingo Beach, geleë tussen Swakopmund en Walvisbaai, op Langstrand in Namibië, bied 'n luukse vakansievilla met 'n ononderbroke see-uitsig vanaf die voordek en vanuit verskeie kamers.

Dié pragtige eiendom het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 stylvolle slaapkamers en 3 badkamers asook 'n gastetoilet. Die ruim hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en het toegang tot 'n balkon wat oor die see uitkyk. Daar is 'n ovaalbad, reënstort, dubbelwasbak, verhitte handdoekrelings en 'n toilet in die en suite-hoofbadkamer.

Die tweede slaapkamer bied ook 'n see-uitsig en beskik oor 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die oorblywende 2 slaapkamers het elkeen 'n koningingrootte-bed en privaat balkon en deel die derde badkamer wat met 'n stort en 'n bad toegerus is. Linne en handdoeke word voorsien en al 4 slaapkamers is op die tweede verdieping.

Daar is 'n privaat TV-kamer op die tweede verdieping met oorgenoeg sitplek, asook 'n kombuisie wat toegerus is met 'n mikrogolfoond, ysmasjien, yskas-vrieskas en 'n etenstafel. Die onderste verdieping van die huis het 'n oopplan-uitleg en spog met 'n ontwerperskombuis wat toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, koffiemasjien, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbytkroeg met stoele. Gratis WiFi is regdeur die huis beskikbaar.

Die kombuis lei na 'n binnebraai met nog 'n etenstafel en klein yskaste, en hierdie spasie lei op sy beurt na 'n sitarea. Stapeldeure bied toegang tot die dek met buitesitplek en trappe na 'n tuintjie en die strand.

Die huis het 'n dubbelmotorhuis wat langs die voordeur in die huis oopmaak.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 4 Badkamers, 4 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Heidi Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 1

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 39 4th Street, Langstrand, Erongo
  • Gaste dink Flamingo Beach het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 9 200
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 9 200
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R 9 200
per nag (plek vir 8)
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 39 4th Street, Langstrand, Erongo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1b52fa0a76ec7cb8efb797c45d974c052b7cc1aebe87428fa64edf3e5b8af231a13d6b4a06cd03612f57adcc3e3cd47c1b80?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R9 200 per nag (plek vir 8) 1 5 1 5 39 4th Street Langstrand Erongo 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -22.813132158492 14.543621385667
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang