Successfully reported
+30

Bon Forelle Selfsorg

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 7 Bree Street, Prins Alfred Hamlet, 6835, Wes-Kaap
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Bon Forelle Selfsorg is in die lieflike Prins Alfred Hamlet geleë, 7 km vanaf Ceres op pad na die Cederberge en die Koue Bokkeveld.

Gaste het 'n keuse van lieflike kamers, elk met 'n privaat ingang. Elkeen van die oopplan-kamers met lugversorging is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 'n slaapbank, en het 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Gerieflikheidshalwe word linne en badhanddoeke voorsien.

Die kombuisies is toegerus met tweeplaatstowe en oonde, mikrogolwe, elektriese braaipanne, yskaste, eetgerei en breekware, potte en panne, asook tee- en koffiemaakgeriewe, en etes kan by die etenstafels geniet word. 'n TV met sekere DStv-kanale, asook WiFi-toegang, is ook in elk van die kamers beskikbaar. 'n Omskakelaar is beskikbaar om toestelle te laai en die ligte en TV aan te hou tydens beurtkrag.

Braaigeriewe en parkeerplek vir elke kamer is beskikbaar vir gaste om te gebruik.

Prins Alfred Hamlet bied verskeie doendinge soos voëlkyk, en voetslaan in die Matroosberg Natuurreservaat, en gaste kan ook die Middel Keurbooms Bewarea of verskeie natuurreservate soos die Witzenberg Natuurreservaat naby Ceres, wat in die area voorkom, besoek.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 106 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Carien P
Besigheidsreis
5.0
Die verblyf was baie lekker. Ruim, vriendelik en skoon. Sien sterre.
Okt 2025
Lynnette W
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik. Vreeslik lekker gebly. Meer gekry as wat ons verwag het. Baie netjies. Baie hondevriendelik. Dankie daarvoor. Gasvrou en gasheer vreeslik oul...
Sien meer
Sep 2025
Justin E
Saam met lewensmaat
5.0
Awesome. It was very cosy and I liked the location.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025
Jerome S
Saam met lewensmaat
5.0
Was lekker gewees, sal weer gaan. Die plek was gemaklik vir ons twee gewees en die plek was netjies.
Aug 2025
Olma V
Saam met lewensmaat
5.0
Skoon, netjies en gerieflik. Het baie lekker gebly, dankie.
Aug 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Rina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 106

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • 7 Bree Street, Prins Alfred Hamlet, 6835, Wes-Kaap
  • Gaste dink Bon Forelle Selfsorg het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 850
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 850
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 7 Bree Street, Prins Alfred Hamlet, 6835, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA24ea5d46988dbf10f7e0b332285007c07d09327f8136e0953d8535e492d45ff86eac59447042050f517b3355d6dc705206ff?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 2) 106 5 1 5 7 Bree Street Prins Alfred Hamlet 6835 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.295004935509 19.329462559525

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang