Successfully reported
+40

Brenaissance Wine & Stud Estate

  • Kapasiteit: 34 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Devon Valley Road, Devonvallei, Stellenbosch, 7599, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 200 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Brenaissance Wine & Stud Estate is sowat 6 kilometer van Stellenbosch se historiese middedorp af en bied aan gaste die ideale basis om die Wynlande te verken. 'Brenaissance' word van die naam 'Breytenbach' en die Franse woord 'renaissance' wat nuwe beginne beteken, afgelei. Dié pragtige en immergroen landgoed is 'n gevestigde wyn- en stoetplaas met moderne plaasverblyf, 'n asemrowende venue en kapel, en 'n Boran-beesstoet van hoë gehalte.

Verblyf is beskikbaar in 8 Vineyards Dubbelsuites, 1 Luukse Suite, die Orchard Suites wat 1 of 2 slaapkamers het en in 'n ateljee. Die eenhede is smaakvol versier in 'n kontemporêre, simplistiese styl met gepolitoerde vloere, moderne, oop en suite-badkamers wat met effekleure versier is en die kamers het geriewe soos WiFi, lugversorging, DStv, tee- en koffiemaakgeriewe en haardroërs.

Hierdie klassieke, elegante landgoed is ook die perfekte plek vir 'n magiese troue, 'n luukse viering of 'n weelderige korporatiewe funksie. Daar is verskeie venues op die perseel wat plek vir tot 200 gaste het. Daar is 'n pragtige kapel, rivierdek, die Brenaissance-saal, pragtige plekke vir foto's, gerieflike verblyf en prentjiemooi tuine. Brenaissance bied die perfekte plek vir konferensies, raadsvergaderings, strategiese beplanningsessies, maatskappy-dae en -spanbousessies. Die landgoed is 'n gerieflike tuiste vir ouers van Maties-studente en bied al die geriewe vir die studente om gehaltetyd saam met hul ouers oor die naweek deur te bring en om 'n gesinsbraai by een van die Orchard Family Suites te geniet.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Toeganklik vir kosaflewerings-apps
Openbare vervoer naby

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.4
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Denise Zeelie Z
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker rustig. Dit was vreeslik lekker, baie dankie.
Mei 2025
Louise O
Besigheidsreis
5.0
Top akkommodasie en kliëntediens! 'n Baie mooi plek met uitsonderlike diens! Ek kan dit regtig aanbeveel.
Nov 2024
J. E
Saam met lewensmaat
4.8
It was a fantastic stay with great views and great staff. See stars.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2024
Bayanda M
4.6
The rooms are beautiful and spotless. The entire property is stunning. This place is excellent and good value for money.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025
Carolyn E
Saam met vriende
4.4
A lovely place but limited kitchen provisions. A beautiful estate with comfortable accommodation; however, there were only 2 wine glass...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

René Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 12

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Devon Valley Road, Devonvallei, Stellenbosch, 7599, Wes-Kaap
  • Gaste dink Brenaissance Wine & Stud Estate het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 200
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 200
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 2 200
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 34 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Devon Valley Road, Devonvallei, Stellenbosch, 7599, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa12a553e70130b13d09c6232c6b3ba03b0c0809224fa2d7a9307afd4912dd497fe514b81cf25e604816a136dc5e6774c218f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 200 per nag (plek vir 2) 12 5 1 5 Devon Valley Road Devonvallei 7599 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -33.919617 18.817776
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang