Casa Milner Guest House
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 18 persone
- Geen kinders onder 3
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 35 Graaff Avenue, Milnerton, 7441, Wes-Kaap
- Vanaf R1 395 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Casa Milner Guest House bied oornagverblyf in smaakvol versierde kamers wat in die hartjie van Milnerton, Kaapstad geleë is. Dit is ideaal vir enkel- en sakereisigers, paartjies of toeriste wat die kusgedeelte van die Moederstad wil verken.
Dié gastehuis bied verblyf in 9 kamers wat elk slaapplek vir 2 gaste het. Hierdie kamers het 'n koningingrootte-bed of 'n koninggrootte-bed wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort of stort-oor-bad. Skoon, wit linne en badhanddoeke word voorsien.
Ander geriewe in die kamer sluit 'n yskassie, tee- en koffieskinkbord, gratis WiFi, 'n lessenaar en 'n TV met stroomdienste in. Twee van hierdie kamers lei na 'n privaat balkon waar gaste kan ontspan.
Al die gaste het toegang tot 'n swembad waar hulle op warmer dae kan afkoel. Verder is daar ook 'n ruim gastesitarea en -eetarea. Veilige parkeerplek en braaigeriewe is op die perseel beskikbaar. Gaste kan 'n kontinentale- of volle Engelse ontbyt op versoek teen 'n ekstra koste geniet.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
5/5
Antoinette Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 3
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 35 Graaff Avenue, Milnerton, 7441, Wes-Kaap
- Gaste dink Casa Milner Guest House het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 18 persone
- Geen kinders onder 3
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 35 Graaff Avenue, Milnerton, 7441, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang