Successfully reported
+18

Country Corner Bed & Breakfast

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 37 Maarschalk Street, Paulpietersburg, 3180, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 120 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Country Corner Bed & Breakfast is 'n gastehuis wat deur die eienaar bestuur word en in die bekoorlike dorpie Paulpietersburg geleë is. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n rustige wegbreek, naby verskeie besienswaardighede en weg van die gedruis van die stadslewe af.

Verblyf is beskikbaar in 1 rondawel en 2 tuinwoonstelle. Die gesinsrondawel is gemeubileer en het 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens. Die woonstelle het elk 2 enkelbeddens. Elk van die eenhede het 'n kombuisie met basiese toebehore vir selfsorg en 'n en suite-badkamer. Ander geriewe in die eenhede sluit gratis WiFi, 'n TV met sekere DStv-kanale en koffie- en teemaakgeriewe in.

'n Smullekker ontbyt word soggens in die eetkamer van die hoofgebou bedien waar ander maaltye ook gereël kan word. Ander geriewe op die perseel sluit 'n braai-area, veilige onderdakparkeerplek, skoonmaakdienste elke weeksdag en Saterdag en wasgoedgeriewe in.

Country Corner Bed & Breakfast is die ideale plek vir avontuurlustige gaste om die omliggende besienswaardighede en doendinge te verken, soos wildreservate, visvangplekke, watersport by Bivane Dam en vierwielmotorfietsry, om maar 'n paar te noem.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Waltraud Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 12

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 37 Maarschalk Street, Paulpietersburg, 3180, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Country Corner Bed & Breakfast het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 120
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 120
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 120
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 37 Maarschalk Street, Paulpietersburg, 3180, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDVkZTZhOTA5LTMxMmQtNDZhZi04YTA2LTRlYzllZmQyMGE3Mg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 120 per nag, vir 2 mense 12 5 1 5 37 Maarschalk Street Paulpietersburg 3180 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -27.427439 30.816853
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang