Successfully reported
+25

De Draai Gastehuis

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R354, Farm Wilgerbosch Kraal, Portion 2, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
  • Vanaf R2 800 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

De Draai Gastehuis is 'n selfsorghuis op die eienaar se plaas buite Sutherland, Noord-Kaap. Hierdie huis is 'n ideale keuse vir vriende en familie wat op soek is na 'n rustige ontsnapping weg van die stad se gewoel.

Dié rustieke plaashuis het slaapplek vir tot 8 gaste in 3 slaapkamers en 1 badkamer. Die eerste twee slaapkamers is albei ingerig met 'n dubbelbed, terwyl die derde slaapkamer met 4 enkelbeddens ingerig is. Die gedeelde badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, eetgerei en breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Die eetkamer is ingerig met 'n etenstafel en 'n binnebraai, terwyl die sitkamer met oorgenoeg gemaklike sitplek ingerig is. Toegang tot Wi-Fi is beskikbaar.

Gaste het toegang tot 'n buitebraai en veilige parkeerplek op die perseel. Dié eiendom is langs die Renosterrivier geleë en is sowat 31,6 km buite Sutherland waar gaste geriewe soos winkels en restaurante kan geniet.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

4

4 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.7
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Hester C
Saam met vriende
5.0
Ek kon rustig herlaai en al die 'geraas' uit my siel uit kry. Dit was wonderlik! Die huis is ruim en gerieflik. Goed toegerus met alles wat nodig is. ...
Sien meer
Sep 2025
Brenda S
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig en goed vir die siel. Baie mooi plek. Baie gerieflik. Advertensie moet dalk net noem dat dit 30 km buite Sutherland geleë is. Gaan beslis weer ...
Sien meer
Aug 2025
Martin L
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasmagories. Baie gerieflik en baie mooi uitsig van die Karoo. As jy ordentlik wil koud kry en die sterrehemel waardeer, is dit die plek om te bly....
Sien meer
Aug 2025
Juandre M
Saam met vriende
5.0
Pragtige deel van Karoo wag nostalgie ontlok. Ons klomp vriende en familie het lekker gekuier in die stilte van die Karoo met vriendelike gaste.
Jul 2025
Pierr R
Saam met vriende
5.0
Great overnight stay. Great overnight stay but the location to the cottage needs some signage.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Engela Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 9

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • R354, Farm Wilgerbosch Kraal, Portion 2, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
  • Gaste dink De Draai Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 800
per nag, vir 8 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 800
per nag, vir 8 mense
Vanaf
R 2 800
per nag, vir 8 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R354, Farm Wilgerbosch Kraal, Portion 2, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4f47c8a1b2370a90fce16530165ebd6e5d0d2802ac7475b5657567b90e3751b969b6c7625ea1c172bc1ebb5a1b15a90d6c96?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 800 per nag, vir 8 mense 9 5 1 5 R354 Farm Wilgerbosch Kraal, Portion 2 6920 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.153608 20.722081
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang