De Kleine Herberg
Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 5 Mei 2025 tot 31 Okt 2025.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 14 Uintjie Close, Vierlanden, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
-
Vanaf
R950R855 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
De Kleine Herberg is 'n selfsorg-eenheid in Vierlanden in Durbanville. Die omgewing was oorspronklik die spilpunt van vroeë ontdekkingreisigers en is nou 'n prentjiemooi gegoede gebied in die Noordelike Voorstede van Kaapstad. Dit is ideaal vir sakereisigers en vakansiegangers.
Die kothuis het 1 dubbelkamer met 'n koningingrootte-bed wat oorgetrek is met gehalte linne, 'n volledige en suite-badkamer met 'n bad en aparte stort, 'n leefarea met 'n dubbelslaapbank en 'n TV met sekere DStv-kanale. Daar is ook 'n eetarea met 'n etenstafel met sitplek vir 4, en 'n kombuis wat toegerus is met 'n yskas, mikrogolfoond, oond met 'n vierplaatstoof, broodrooster, elektriese ketel, lugbraaier, eetgerei en breekware. Vir ekstra gerief is 'n wasmasjien, strykyster en strykplank en WiFi ook beskikbaar.
Buite is daar parkeerplek van die straat af.
Durbanville bied 'n verskeidenheid uitstekende restaurante en koffiewinkels. Die bestuur sal jou graag raad gee en besprekings namens jou maak. Nabygeleë besienswaardighede sluit in: Tygervallei-winkelsentrum, Durbanville-wynroete, Durbanville Privaat Hospitaal, Durbanville Gholfbaan en Durbanville Natuurreservaat.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Amanda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 56
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- 14 Uintjie Close, Vierlanden, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
- Gaste dink De Kleine Herberg het ’n baie goeie ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 14 Uintjie Close, Vierlanden, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang