Successfully reported
+20

Dempers

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 33 Demper Street, Hermanus, 7201, Wes-Kaap
  • Vanaf R4 600 per nag (plek vir 15)

Beskrywing

Dempers is 'n bekoorlike selfsorghuis in die hartjie van Onrus, Hermanus. Die eiendom is ideaal vir 'n groot gesin, korporatiewe byeenkomste of 'n groep vriende wat op soek is na 'n kuswegbreek.

Verblyf is beskikbaar vir 15 gaste en bestaan uit die hoofhuis met 2 slaapkamers en 'n anneks wat deur 'n binnehof met die hoofhuis verbind word. Die slaapkamers in die hoofhuis is ingerig met onderskeidelik 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Hierdie kamers deel 'n badkamer met 'n bad. Die anneks het 'n slaaparea met 4 stapelbeddens, wat lei na 'n aparte kamer wat met 2 enkelbeddens ingerig is. Die badkamer in die anneks is toegerus met 'n stort.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond en mikrogolf. 'n Wasmasjien, 'n tuimeldroër en 'n kisvrieskas is in die anneks beskikbaar. Die leefarea in die hoofhuis het 'n TV met DStv, terwyl die leefarea in die anneks oorgenoeg sitplek bied.

Die eiendom spog met 'n ruim braai-area op die onderdakstoep en 'n braaiput waar gaste aande om die vuur kan geniet. Na 'n dag by die see kan gaste in die buitestort afspoel.

Gaste kry toegang tot gratis WiFi en veilige parkeerplek vir 3 voertuie agter 'n elektriese hek.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 1 Leefarea 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

8

4 x Stapelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Lugversorging
Verwarmer
Volledige kombuis
Braai

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Charl Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 4

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • 33 Demper Street, Hermanus, 7201, Wes-Kaap
  • Gaste dink Dempers het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 4 600
per nag (plek vir 15)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 4 600
per nag (plek vir 15)
Vanaf
R 4 600
per nag (plek vir 15)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 33 Demper Street, Hermanus, 7201, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2a3ec96f4edee06753f45d127b053d08799ef90da131ada5cfb75c753fdf02fb63d2e7c03c392192604f022e221a0b214985?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 600 per nag (plek vir 15) 4 5 1 5 33 Demper Street Hermanus 7201 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.412966265258 19.171255230904
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang