Dolphin Bay Beach Cottage
- Kapasiteit: 6 persone
- Geen kinders onder 8
-
Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 735A St Andrews Drive, Munster, Port Edward, 4278, KwaZulu-Natal
- Vanaf R3 950 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Dolphin Bay Beach Cottage is 'n bekoorlike selfsorghuis in Munster, wat reg teen die strand geleë is. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf met lieflike see-uitsigte, naby verskeie besienswaardighede in die omgewing.
Dié ruim huis is smaakvol versier en het 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-leefarea. Twee van die kamers beskik elk oor 'n koningingrootte-bed en die derde kamer is ingerig met 2 enkelbeddens. Al ons slaapkamers bied see-uitsigte en het ook plafonwaaiers. Die kombuis is volledig toegerus met moderne Smeg-toestelle soos 'n gasstoof en -oond, 'n koffiemasjien, 'n wasmasjien met 'n tuimeldroër, 'n skottelgoedwasser en ander toebehore.
Die sitkamer het 'n gemaklike rusbank en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler. Gratis WiFi is in die huis beskikbaar. Die sitkamer is langsaan die vermaakarea, met 'n boekrak en 'n teleskoop vir ingeval jy die walvisse, dolfyne of voëls wil bekyk. Hierdie area het ook skuifdeure wat oopmaak op die dek met patiomeubels en gas- en steenkool-Weberbraaigeriewe.
Die huis beskik ook oor 'n alarmstelsel met sensor-strale aan die buitekant en veilige parkeerplek is beskikbaar. Dolphin Bay Beach Cottage het trappies wat direkte toegang tot die strand bied.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 735A St Andrews Drive, Munster, Port Edward, 4278, KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 persone
- Geen kinders onder 8
-
Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 735A St Andrews Drive, Munster, Port Edward, 4278, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang