Successfully reported
+25

Een Een Vyf Albrecht

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 115 Albrecht Street, Dan Pienaar, Bloemfontein, 9310, Vrystaat
  • Vanaf R780 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Een Een Vyf Albrecht bied gerieflike oornagverblyf, verblyf aan gaste wat vir familie kom kuier of 'n troue bywoon en is in Dan Pienaar, Bloemfontein.

Verblyf is beskikbaar in 2 oopplan-eenhede of 'n huis wat geskik is vir 6 gaste. Elke eenheid het als wat jy nodig het vir gerieflike verblyf.

Die woonstelle het lugversorging en 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens, asook 'n privaat badkamer met 'n stort en toilet. Verder het elke eenheid 'n TV en 'n kombuisie met 'n mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe.

Die selfsorghuis beskik oor 4 slaapkamers en bied slaapplek aan 6 gaste. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die huis beskik oor 2 badkamers wat elk 'n stort, toilet en 'n wasbak het.

Die kombuis is met 'n stoof, yskas en 'n mikrogolfoond toegerus. Daar is 'n sitarea met 'n TV met Netflix en Showmax. Braaigeriewe is ook beskikbaar.

Bloemfontein het 'n verskeidenheid aktiwiteite, soos stap, sterrekyk by die Boyden-sterrewag en valskermspring, asook verskeie museums, winkels en restaurante wat gaste kan besoek. Gaste kan ook die Vrystaatse Nasionale Botaniese Tuin, die Franklin Wildreservaat of die Hamilton Park besoek.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 30 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.2
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Hermien J
Gesin met tieners
5.0
Skoon, netjiese en gerieflike verblyf. Sien sterre.
Mei 2025
Coleen D
Saam met lewensmaat
5.0
Puik. Dis 'n vreeslike oulike plek. Dis privaat en stil en baie goed geleë.
Apr 2025
Albie B
Saam met lewensmaat
5.0
Goeie oornag verblyf. Skoon en gerieflike oornag verblyf met veilige parkering.
Mrt 2025
Dries C
Besigheidsreis
5.0
Pragtig en veilig. Goed toegerus. Baie goeie kommunikasie en kliëntediens. Sien sterre.
Jan 2025
Decor M
Besigheidsreis
5.0
Lovely. Lovely stay thank you.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Lena Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 30

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • 115 Albrecht Street, Dan Pienaar, Bloemfontein, 9310, Vrystaat
  • Gaste dink Een Een Vyf Albrecht het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 780
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 780
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 780
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 115 Albrecht Street, Dan Pienaar, Bloemfontein, 9310, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd3f9d230085ff5f13d936461eb8f0d230f8f197a7db0725e0d63f10053515811e079889fb796c2e8e06d9a22f1a8d7e91546?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R780 per nag, vir 2 mense 30 5 1 5 115 Albrecht Street Dan Pienaar 9310 Vrystaat 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -29.08696 26.21526

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang