Elemed Guesthouse
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 8 Lisa Jane Crescent, Milnerton, 7441, Wes-Kaap
- Vanaf R800 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Elemed Guesthouse bied moderne gerief wat voorsiening maak vir sakereisigers en vakansiegangers. Dit is sentraal geleë in Millerton en gaste kan die bederf geniet van besienswaardighede reg voor hul deur.
Hierdie eiendom bied die keuse van 2 tweeslaapkamerwoonstelle wat elk 4 gaste kan akkommodeer of 'n oopplan-ateljeewoonstel met 'n kapasiteit van 2 gaste. Al die slaapkamers is ingerig met koningingrootte-beddens en elke en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en toilet.
Die tweeslaapkamerwoonstelle het elkeen 'n volledig toegeruste kombuis met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Die ateljeewoonstel het 'n kombuis met 'n tweeplaatstoof, mikrogolfoond en yskassie. Verder het elke woonstel 'n sitarea en 'n TV met DStv. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel. Die ligging van hierdie eiendom is net 15 minute se ry vanaf die middestad met die lewendige en gewilde V&A Waterfront asook die ikoniese Tafelberg.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Mangala Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 8 Lisa Jane Crescent, Milnerton, 7441, Wes-Kaap
- Gaste dink Elemed Guesthouse het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 8 Lisa Jane Crescent, Milnerton, 7441, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang