F75 Sabuti
Kry 40% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 22 Okt 2025 tot 27 Nov 2025.
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Flat 75 Sabuti, 17 Tamboti Drive, Simbithi Eco Estate, Ballito, 4390, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R5 500R3 300 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
F75 Sabuti is 'n idilliese selfsorgeenheid wat op die veilige Simbithi Eco Estate in Ballito geleë is. Dit bied 'n see-uitsig en 'n pragtige uitsig oor die netjiese tuin. Dit is perfek vir die hele gesin of groep vriende wat ontspanning in 'n rustige omgewing soek.
Dié lieflike huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n dubbelwasbak. Die tweede en derde slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed en gaste in dié slaapkamers gebruik die gedeelde badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die laaste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die leefarea beskik oor 'n sit- en eetarea, en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Smeg-toestelle gee 'n luukse gevoel aan die eenheid. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8. Die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel, koffietafel en 'n TV met DStv. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die leefarea lei na 'n onderdakstoep en spog met 'n asemrowende uitsig en toegang tot die goedversorgde tuine en swembad. Dit is die perfekte plekkie vir 'n skemerkelkie. Die stoep het ook gemaklike meubels wat ideaal is vir ontspanning. 'n Houtskoolbraai en gasbraaier is beskikbaar vir gaste se gebruik.
Gaste kan in die gemeenskaplike swembad afkoel en in die tuin piekniek hou. Veilige parkeerplek is beskikbaar.
Simbithi Eco Estate bied lekker buitelugaktiwiteite, fietsry- en voetslaanroetes, gholf- en mini-gholfbane, visvang in damme vol voorraad, speelareas vir kinders, piekniek- en braai-areas, restaurante en volop voël- en dierlewe. Die landgoed is stapafstand vanaf Thompson's Bay se gewilde strand.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Lizel Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Flat 75 Sabuti, 17 Tamboti Drive, Simbithi Eco Estate, Ballito, 4390, KwaZulu-Natal
- Gaste dink F75 Sabuti het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Flat 75 Sabuti, 17 Tamboti Drive, Simbithi Eco Estate, Ballito, 4390, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang