Fisant @ Colnera
-
Kapasiteit: 4 persone
2 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R404, Colnera Farm, Herolds Bay, 6529, Wes-Kaap
- Vanaf R700 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Colnera is 'n perfekte vakansiebestemming vir die hele gesin geleë 3 km vanaf die gesogte dorpie Heroldsbaai, bekend vir sy wonderlike kuswandelings, en om dolfyne en walvisse te sien. Die ligging bied maklike toegang tot die R404 en is sowat 7 km vanaf George Lughawe, en 15 km vanaf die gewilde Garden Route Mall.
Fisant @ Colnera is 'n 1-slaapkamer-eenheid wat tussen die bome skuil vir 'n volledige in-die-hout-ervaring. Dié chalet het slaapplek vir 2 volwassenes en is ingerig met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuisie is toegerus met 'n yskassie, tweeplaatstoof, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe.
Die chalet maak oop na 'n klein patio met 'n buitebraai en buitemeubels. Gaste kan bergfietsry, voetslaan, piekniek hou en voëlkyk op en om die perseel geniet. Dit het ook 'n groot skilderagtige dam waar gaste kan deelneem aan baarshengel, roei en swem. Die eiendom is boonop wildomhein, en 'n elektroniese hek en hoë heining maak die plaas baie veilig.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Kinderbank vir 2
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Retha Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 63
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- R404, Colnera Farm, Herolds Bay, 6529, Wes-Kaap
- Gaste dink Fisant @ Colnera het ’n uitstekende ligging
-
Kapasiteit: 4 persone
2 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R404, Colnera Farm, Herolds Bay, 6529, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang