Successfully reported
+44

Forever & Always Studio Apartment

  • Kapasiteit: 3 persone
    2 volwassenes, 1 kind
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 13 Dennegeur Avenue, Denneoord, George, 6530, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Forever & Always Studio Apartment bied gerieflike en kwaliteit oornagverblyf aan gaste in George. Hierdie eenheid vorm deel van die eienaar se hoofwoning maar het 'n aparte ingang vir gaste se privaatheid.

Dié ateljeewoonstel het slaapplek vir 2 volwassenes en 1 kind en is ingerig met 1 koningingrootte-bed, 1 enkelbed wat uitgetrek kan word en 1 net-kindmatras. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien. Daar is ook 'n klein platskerm-TV met eksklusiewe DStv-kanale geïnstalleer. Die kombuisie is toegerus met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, broodrooster, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe.

Die kombuistoonbank dien ook as 'n ontbythoekie met kombuisstoeltjies. Die leefarea het lugversorging en 'n gemaklike rusbank, en gaste het toegang tot gratis WiFi. Na buite is 'n klein stoep met 'n piekniektafel en braaigeriewe wat gaste toelaat om hul maaltye buite te geniet. Hierdie eenheid gebruik sonkrag om onaangeraak te bly deur beurtkrag en veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Kamer-opset

1 Leefarea 1 Badkamer

Leefarea

3

1 x Koningingrootte-bed

1 x Kindermatras vir 1

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Henro P
Saam met lewensmaat
5.0
A perfect stay at an affordable price. We had a wonderful stay and the owners are very friendly and helpful. The apartment is well wort...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2025
Rickus A
5.0
Eienaar is die beste. Dankie vir julle plekkie en goeie harte. Baie lekker gebly. Beslis weer.
Des 2024
Lourensia M
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelukkig net vir een nag, maar enige tyd weer. Sal enige tyd aanbeveel.
Sep 2024
Reagen S
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekend! Sal definitief weer besoek! Baie lekker gebly, dankie!
Sep 2024
Ntshokoleng K
Saam met lewensmaat
5.0
Very satisfying. Most friendly and welcoming host, the room was very comfortable.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

ELMARIE Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 12

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • 13 Dennegeur Avenue, Denneoord, George, 6530, Wes-Kaap
  • Gaste dink Forever & Always Studio Apartment het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 200
per nag (plek vir 3)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag (plek vir 3)
Vanaf
R 1 200
per nag (plek vir 3)
Bespreek
  • Kapasiteit: 3 persone
    2 volwassenes, 1 kind
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 13 Dennegeur Avenue, Denneoord, George, 6530, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd9bae1e6f04027e8a7e88bf350d175031a4c59782ec6771e79cee4997a2e737a0a4c0583c250bb5b62132a1969118506be8e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 3) 12 5 1 5 13 Dennegeur Avenue Denneoord 6530 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.93914204782 22.473334025166
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang