Franschhoek Country House & Villas
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 50 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Huguenot Main Road, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
- Vanaf R6 195 per nag (plek vir 2)
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Franschhoek Country House & Villas is 'n klein boetiekhotel in die prentjiemooi Franschhoek-wynvallei. Dit skuil aan die buitewyke van Franschhoek en is net 1 km vanaf die middedorp.
Dié hotel is die ideale basis vanwaar gaste topwyne en wêreldklaskos kan proe en bied verblyf in verskeie kamers insluitend Standaardkamers, Luukse Kamers, Tuinkothuise en Villa Suites. Al die kamers het lugversorging, 'n en suite-badkamer, 'n privaat sitarea en sommige suites bied ook toegang tot 'n privaat balkon of stoep met 'n pragtige uitsig.
Die Monneaux-restaurant op die perseel word as een van Suid-Afrika se top-restaurante beskou en het vir hul vernuwende, moderne kookkuns bekend geword. À la carte-middagetes word op die manjifieke nuwe fonteinterras bedien, terwyl aandete in die stemmige, dog elegante eetkamer of toegeboude stoep voorgesit word. Die wynlys beklemtoon plaaslike wyne wat gaste ook per glas in die gesellige wynkroeg kan geniet.
In die somer kan gaste by een van 2 swembaddens, waarvan die een verhit is, ontspan en die pragtige uitsigte op die berge geniet. Daar is ook die geleentheid vir 'n massering en gaste kan die boetiekwynplase besoek of in die pragtige dorpie rondstap.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Andre Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- Huguenot Main Road, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
- Gaste dink Franschhoek Country House & Villas het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 50 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Huguenot Main Road, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang