Successfully reported
+73

GaMamadi Guest Farm

Gastehuis
  • Kapasiteit: 28 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Taaiboschfontein, Three Sisters, 7070, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Of jy nou vakansie hou of weens sake reis, kan jy hier by GaMamadi Guest Farm naby aan Drie Susters kom ontspan. Die gasteplaas is 800 m van die N1 af, op 'n rustige, pragtige en eko-vriendelike Merinowol-skaap- en Angorabokhaar-plaas.

Kom bly in een van die 7 eenhede wat elkeen hulle eie ingang het. Elke eenheid het 1 hoofslaapkamer met 'n en suite-badkamer en 'n oopplan-leefkamer en 'n volledig toegeruste kombuis vir selfsorg of etes op aanvraag. Twee van die eenhede kan tot 6 mense akkommodeer. Drie van die eenhede het slaapplek vir 4 mense en die laaste twee eenhede kan 2 mense akkommodeer. Alle eenhede is toegerus met TV's (DStv-kanale), waaiers, verwarmers en elektriese komberse vir die koue wintersaande.
Die koel swembad is vir gaste beskikbaar in die warm seisoene, veral na die langpad.

Drie van die eenhede was in die verlede 'n plaashuis wat in 1943 gebou is. Die plaashuis is nou omskep om gemak en styl te bied. 'n Ligte ontbyt (ontbytgraan en melk) in die eenhede is by die prys ingesluit. Koffie, tee en tuisgemaakte beskuit is gereeld in die eenhede beskikbaar.

Gaste kan van die braaigeriewe gebruik maak en braaipakke is teen 'n addisionele bedrag beskikbaar.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Alle maaltye beskikbaar
Ontbyt beskikbaar
Mooi uitsig

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 123 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Mark B
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent stop in N1 to Cape Town. Lovely place for an overnight stop on N1 to Cape Town. This is the second time we stayed there and w...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025
Danie S
Saam met lewensmaat
5.0
Vars Karoo plaaslug en stilte. Ons het baie lekker gebly by GaMamadi. Alles was skoon en netjies, en Annalise het uit haar pad gegaan om ons verblyf a...
Sien meer
Jul 2025
Pieter D
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties en 10 ster verblyf. Net eenvoudig fantastiese akkommodasie, als is daar en baie netjies. uitstekende gasvrou. Beskuit uit die boeke.
Mei 2025
Haddad V
5.0
Was 'n fantastiese ervaring, super vriendelik en die kos heerlik. Sien sterre.
Mrt 2025
Karien N
5.0
Mooi omgewing en gemaklike blyplek. Het baie lekker gebly.
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Annalise Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 123

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Taaiboschfontein, Three Sisters, 7070, Wes-Kaap
  • Gaste dink GaMamadi Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 500
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 500
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 28 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Taaiboschfontein, Three Sisters, 7070, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAu2dVjUDf2I0akpxn16iQyy2fvCJCXpRRZ57Cv11QIK4BuWfKqb?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense 123 5 1 5 Taaiboschfontein Three Sisters 7070 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 10:00 -31.853254249383 23.265739152696
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang