Successfully reported
+27

Garden Retreat

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 13:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 13 Peak Drive, Pinelands, Cape Town, 7405, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 900 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Garden Retreat is 'n pragtige grasdak-gastehuis in Pinelands. Die gastehuis is 750 m van King David Mowbray Gholfbaan af en bied gerieflike toegang tot die N1 en die N2. Die gebou dateer uit die 1940's, maar spog deesdae met meer moderne afwerkings.

Die perseel het 'n lowerryke, tropiese tuin en is ontwerp om privaat te wees met slegs 3 gaste-eenhede. Daar is 1 en suite-kamer in die huis, 'n kothuis en 'n rondawel. Elke kamer het sy eie badkamer, 'n privaat ingang, lugversorging, 'n TV, haardroër, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe.

Gaste kan in die verhitte swembad, by die kroeg of in die gastesitkamer ontspan. 'n Thai-massering kan ook gereël word. Die kontinentale ontbyt kan aangepas word om gaste se persoonlike behoeftes in ag te neem. Die gastehuis het 'n klein tapas-spyskaart oor die middag en daar is die opsie om saam met jou gashere aandete en 'n glas goeie wyn te geniet.

Die gastehuis is 8,2 km van die Kaapse middestad, 12,8 km van Tafelberg se kabelkarretjie en 9,2 km van die Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin af. Die N1 en N2 bied toegang tot die Paarl, Stellenbosch en Kaapstad Internasionale Lughawe.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Ligging

  • 13 Peak Drive, Pinelands, Cape Town, 7405, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 900
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 900
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 2 900
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 volwassenes
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 13:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 13 Peak Drive, Pinelands, Cape Town, 7405, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA68c462dc7c07f8bc3491f009379dd8e541953047562457de24821d8771b30f15cd4e4a83860bdeb1ba85bcf47027a0050c52?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 900 per nag (plek vir 2) 13 Peak Drive Pinelands 7405 Wes-Kaap 021 201 8901 13:00-00:00 11:00 -33.941794239333 18.494098588955

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang