Geelslang Paradise
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 2280 Geelslang, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
- Vanaf R2 760 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Geelslang Paradise is 'n luukse villa wat direk aan die parkland in Marloth Park grens. Hierdie pragtige huis bied 'n rustige ontsnapping en luuksheid.
Dié vakansiehuis het 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het ook 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Hierdie area lei verder na 'n sitarea met 'n sitkamerstel en 'n TV. Daar is ook 'n etenstafel met stoele. Gratis WiFi is ook beskikbaar. Al die slaapkamers het lugversorging en 'n omsetter word gebruik om krag aan die WiFi, ligte en waaiers tydens kragonderbrekings te voorsien.
Die skuifdeure lei na 'n groot stoep en dit word deur parklande omring wat privaatheid bied en gaste kan besoeke van wild, soos vlakvarke, sebras en bosbokke geniet. Daar is 'n groot swembad, buitestorte, boma en 'n braai-area.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Maaike Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 9
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- 2280 Geelslang, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink Geelslang Paradise het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 2280 Geelslang, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang