Geelstertlaan 5
Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 5 Sep 2025 tot 30 Nov 2025.
- Kapasiteit: 7 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 5 Geelstert Avenue, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
-
Vanaf
R2 900R2 610 per nag (plek vir 7)
Beskrywing
Geelstertlaan 5 is 'n ruim en smaakvol versierde vakansiehuis in die hartjie van Struisbaai. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n wegbreek saam met vriende en familie aangesien dit 'n lieflike binnenshuise kuierarea het.
Die huis bied slaapplek aan 7 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n dubbel- en 'n enkelbed. Die tweede badkamer het 'n stort.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel en 'n sitarea met gemaklike sitplek. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Die huis spog met 'n binnenshuise kuierarea met gemaklike sitplek, 'n binnebraai en 'n TV met Netflix, Showmax en DStv. Die agterkant van die huis het 'n onderdakstoep met sitplek en braaigeriewe.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Sanelle Geverifieer
Eiendomme 40
Resensies 79
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- 5 Geelstert Avenue, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 7 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 5 Geelstert Avenue, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang