Successfully reported
+26

Glentana by the Sea

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Steenbras Street, Glentana, 6525, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 950 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Glentana by the Sea is 'n gerieflike vakansiehuis met selfsorgfasiliteite. Gesinne klop hier aan vanweë die puik ligging en asemrowende uitsigte oor die see. Dit is minder as 100 m van die see af in die kusoord Glentana met sy Blouvlagstatus geleë. Glentana is veral gewild onder hengelaars en die strande is gemáák vir lang wandelinge soggens.

Die huis het plek vir 10 gaste op spesiale versoek en is volledig gemeubileer en toegerus met selfsorgfasiliteite. Die huis bestaan uit 4 dubbelslaapkamers, 4 badkamers, 'n kombuis, sitarea, oopplan-eetarea en TV-area.

Drie van die slaapkamers het 'n koningingrootte-bed en die vier slaapkamer het dubbelbed. Daar is 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad in die hoofslaapkamer en 2 van die ander badkamers het 'n stort. Die derde badkamer het 'n bad.

Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolf, gasstoof, Nespresso-masjien, skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër toegerus.

Die TV-kamer het 'n slim-TV wat flieks en reekse kan stroom. Gaste wat DStv wil kyk moet op hul eie DStv-profiel op die TV inteken. Onbeperkte WiFi word voorsien, asook 'n kragomsetter vir beurtkrag.

Die huis het 'n onderdakstoep met buitemeubels en ingeboude braaigeriewe. Gaste kan heerlik langs die braaivleisvuur ontspan en hulself in die uitsig oor Glentana se pragtige strande verlustig. Daar is ook 'n tafeltennistafel sodat gaste 'n bietjie binnepret kan hê.

Die dubbelmotorhuis werk met 'n afstandbeheer. Die kamers word nie daagliks skoongemaak nie, maar 'n professionele skoonmaakdiens is beskikbaar teen 'n ekstra koste.

Aktiwiteite in en om die omgewing sluit gholfbane soos die Oubaai Gholfbaan, Kingswood Gholflandgoed, George Gholfbaan, Mosselbaai Gholbaan en Fancourt Gholfbaan in. Daar is ook en verskeie voetslaan- en wandelpaaie.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 4 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Bad, Toilet

Badkamer

Stort

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 22 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Suzan V
Gesin met tieners
5.0
Dolfyne vanaf jou stoep. Heerlik gekuier, fantastiese uitsig, 100 m van die strand af, gemaklike vakansiehuis met 'n lekker groot stoep en ruim kuiera...
Sien meer
Jul 2025
Juanita E
Gesin met klein kinders
5.0
Pragtige, rustige plek. Ons het heerlik gebly. Absoluut juweel van 'n plek.
Mei 2025
Elizabeth V
Saam met vriende
5.0
Geen foto's regverdig die skoonheid en rustigheid van hierdie eiendom nie. Wat 'n ongelooflike plek om tyd saam met familie en vriende deur te bring. ...
Sien meer
Apr 2025
Harm S
Gesin met klein kinders
5.0
Uitstekend! Ons het baie lekker gebly met perfekte uitsig oor die see. Die ligging van die huis is baie goed, veral met die skipswrak wat jy kan besoe...
Sien meer
Apr 2025
Tania P
Gesin met tieners
5.0
Wonderlik! Uitstekende verblyf en ligging. Fantastiese uitsig. Veilig, skoon, smaakvol en ten volle ingerig. Voortreflike gasvrou. Beslis aan te bevee...
Sien meer
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Marianne Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 24

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Steenbras Street, Glentana, 6525, Wes-Kaap
  • Gaste dink Glentana by the Sea het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 950
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 950
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R 3 950
per nag (plek vir 8)
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Steenbras Street, Glentana, 6525, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDkxMDg0NDU4LTgwOTItNDRlYS1iYjYyLTcyMmZkODYxMzZmMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 950 per nag (plek vir 8) 22 5 1 5 Steenbras Street Glentana 6525 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.050323447706 22.31987179266
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang