Golden View Luxury Self-Catering
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 235 Bester Street, Clarens, 9707, Vrystaat
- Vanaf R1 250 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Golden View Luxury Self-Catering is in die pragtige dorp, Clarens, geleë en bied verblyf in 3 selfsorgeenhede. Dié eenhede is ideaal vir paartjies, groepe of 'n gesin wat die area besoek of op pad is na Lesotho.
Die Rustic Red-ateljeewoonstel is 'n moderne woonstel met unieke en eklektiese dekor. Dit is ideaal vir 'n paartjie wat luuksheid, ruimte en styl soek. Dié oopplan-ateljeewoonstel het 'n koningingrootte-bed, 'n groot hoekbad en 'n stort. Daar is ook 'n leefarea, eetarea en kombuis wat volledig toegerus is. Daar is 'n afskorting wat die woonstel meer privaat maak.
Die Contain the View-kothuis is 'n selfsorgeenheid met 2 stylvolle slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n oopplan-leefarea met 'n kaggel en 'n kombuisie. Gaste het ook toegang tot 'n unieke, privaat buitebad.
Die Willow Rest-huis is 'n ruim drieslaapkamerhuis wat ideaal is vir 'n groot gesin met kinders. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens. Die ander 2 slaapkamers het albei koningingrootte-beddens. Daar is 2 badkamers, waarvan die een 'n bad en die ander 'n stort het. Verder is daar 'n eetkamer en 'n moderne kombuis. Die kombuis is met 'n skottelgoedwasser, groot yskas, mikrogolf en koffiemasjien toegerus. Buite is daar 'n boma-area, perfek vir onthaal.
Elke eenheid het 'n stoep met braaigeriewe. Veilige parkeerplek is ook beskikbaar.
Golden View Luxury Self-Catering is stapafstand vanaf die middedorp met oulike winkeltjies, kunsgalerye en restaurante. Gaste kan ook net ontspan en die pragtige 180°-uitsig op die Malutiberge bewonder.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Jolena Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 88
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- 235 Bester Street, Clarens, 9707, Vrystaat
- Gaste dink Golden View Luxury Self-Catering het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 235 Bester Street, Clarens, 9707, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang