Successfully reported
+28

Grotto Cottage 12

Selfsorg
  • Kapasiteit: 13 persone
    12 volwassenes, 1 kind
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 200 10th Street, Voelklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Vanaf R9 241 per nag (plek vir 13)

Beskrywing

Grotto Cottage 12 is 'n bekoorlike selfsorg-vakansiehuis wat net 300 m vanaf die beroemde Grotto-strand met Blouvlagstatus is. Dit is ideaal vir 'n gesin of groep vriende.

Die ruim huis bied slaapplek aan 12 gaste en beskik oor 6 smaakvolle slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n see-uitsig en lei na 'n sonnige stoep. Dié slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste in hierdie twee slaapkamers deel 'n badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en skakel aan slaapkamer 4 met 'n enkelbed vir 'n kind en 'n stapelbed. Gaste in hierdie twee slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die vyfde en sesde slaapkamer is in die aangrensende anneks en elkeen van hierdie slaapkamers het 2 enkelbeddens. Gaste in hierdie twee slaapkamers deel 'n derde badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die aangrensende leefarea het gemaklike rusbanke, 'n kaggel en 'n TV met die volle DStv-pakket. Gratis WiFi is beskikbaar. Daar is ook 'n tweede sitarea.

Gaste het toegang tot 'n lieflike swembad en Weber-braaigeriewe. Kinders kan ook lekker op die groot grasperk speel.

Kamer-opset

6 Slaapkamers 3 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

3

1 x Stapelbed

1 x Kinderbed vir 1

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
Kaggel
Braai

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Hermanus Homes
Holiday

Eiendomme 14

Resensies 6

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 200 10th Street, Voelklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 9 241
per nag (plek vir 13)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 9 241
per nag (plek vir 13)
Vanaf
R 9 241
per nag (plek vir 13)
Bespreek
  • Kapasiteit: 13 persone
    12 volwassenes, 1 kind
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 200 10th Street, Voelklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA49ef816377fe187759f3c9b64f775331f2956fba355830e8bb2c06d427c793b61af43ca2dc75f8c5daec6dbe953332597021?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R9 241 per nag (plek vir 13) 200 10th Street Voelklip 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.4111538 19.2882409

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang