Hazyview Adventure Backpackers
- Kapasiteit: 36 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Route R40, White River rd., Hazyview, 1240, Mpumalanga
- Vanaf R520 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Hazyview Adventure Backpackers is die perfekte wegbreek na die Krugerwildtuin en die wonders van die Laeveld. Dié rugsakreisigerslosies is slegs 17 km vanaf die wêreldbekende Krugerwildtuin en die Groot 5, en is die ideale vakansieplek of oornag-stop vanwaar die pragtige Panoramaroete en omliggende aktiwiteite verken kan word.
Die verblyf bestaan uit smaakvolle en suite-chalet's, houtkothuise, bostente met 'n privaat stoep en braai-area, gesinskamers vir 5 of 7 gaste, 'n slaapsaal, en kampeerplekke. Al die eenhede is binne 'n idilliese skaduryke en koel oase van groen geleë, en met volhoubare en ekovriendelike materiale gebou.
Geriewe op die perseel sluit in 'n ekovriendelike plonspoel, boma, pooltafel, bebosde tuine en 'n stoep vanwaar gaste die sonsondergang kan waardeer. Veilige parkeerplek word op die perseel voorsien.
Dit is die ideale basis vanwaar gaste Mpumalanga se Laeveld kan verken en daar is 'n rits aktiwiteite wat op gaste wag: safaris, riviervlotvaart, bergplankry, reksprong, abseil, tjoepry, voetslaan, vierwielmotorfietsry, en rotsklim. Die bergfietsryroetes in die Sabie Vallei is van die bestes ter wêreld.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.9/5
Quisto Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 81
Op LekkeSlaap 13 jaar
Ligging
- Route R40, White River rd., Hazyview, 1240, Mpumalanga
- Gaste dink Hazyview Adventure Backpackers het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 36 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Route R40, White River rd., Hazyview, 1240, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang