Happy Home
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 58 Reitz street, Audas estate, Somerset West, 7130, Wes-Kaap
- Vanaf R750 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Happy Home is 'n bekoorlike oopplan-eenheid op die eienaar se eiendom in Somerset-Wes, 300 m van baie restaurante, nagklubs en winkels af, en is naby die strande, wynplase en ander geriewe geleë.
Hierdie eenheid bied slaapplek vir 2 gaste en is gemeubileer met 'n gemaklike dubbelbed. Dit het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Alle linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuisie is toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, konveksie-kookplaat, basiese eetgerei en breekware, sowel as tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is 'n klein eetkamertafel waar gaste hul maaltye kan geniet. Geriewe in die kamer sluit 'n platskerm-TV met toegang tot gratis WiFi in.
Hierdie eiendom het 'n pragtige groen tuin met buitemeubels en braaigeriewe. Veilige parkering word agter 'n elektriese hek met alarm en alarmreaksie gebied.
Gholfspelers en sportliefhebbers sal die Country Club geniet wat binne 200 m loopafstand van Happy Home is met sy gholfbaan, tennisbane en rolbal.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Grazyna Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 29
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- 58 Reitz street, Audas estate, Somerset West, 7130, Wes-Kaap
- Gaste dink Happy Home het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 58 Reitz street, Audas estate, Somerset West, 7130, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang