Successfully reported
+109

Heuglins

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 5 Darter Drive, Sheffield Estate, White River, 1240, Mpumalanga
  • Vanaf R1 350 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Heuglins bied gerieflike verblyf in 5 selfsorgkothuise in Sheffield, 'n sekuriteitslandgoed sowat 5 km vanaf Witrivier en langs die Witrivier Gholflandgoed. Heuglins is die ideale oorslaapplek vir diegene op pad na die Krugerwildtuin en omgewing.

Die kothuise is lekker privaat geleë in 'n skaduryke tuin met uitsigte wat strek vanaf die Vallei tot by die Witrivier Gholfbaan en verder. Elke kothuis het 'n mikrogolfoond, ketel, broodrooster, yskas, induksiestoofplaat en braaigeriewe. Daar is ook potte, 'n braaipan, eetgerei, breekware en ander kombuistoebehore. 'n Ontbytpakkie kan gereël word, asook bevrore geregte wat net opgewarm hoef te word. Verder het elke kothuis ondervloerse verhitting, 'n groot stort en 'n bad, en sekere DStv-kanale. Gaste het ook toegang tot 'n privaat area buite.

Heuglins se tuin spog met volop voëls en daar is reeds meer as 120 spesies by Heuglins en omliggende gebied aangeteken. Gaste kan gerus die omgewing verken, doendinge aanpak soos stap, voëlkyk of visvang in die damme, of eenvoudig net agteroorsit en ontspan in die rustige omgewing.

Heuglins is naby die Krugerwildtuin en die Panorama-roete en bied gaste die geleentheid om die bestemmings te besoek of om net te sit in die aangename atmosfeer van die huisies en tuin.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 28 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Jacqueline C
5.0
Dit is waarde vir geld. Baie gerieflik en daar was alles wat ek nodig het. Baie gerieflik. Kan dit beslis aanbeveel.
Jul 2025
Chanel J
Saam met lewensmaat
5.0
Rustigheid. Sal beslis aanbeveel.
Jul 2025
Elaine L
Saam met vriende
5.0
Heerlik en puik! So gerieflik. Goeie verblyf, veilig selfs vir enkel lopers. Was vir fotograaf asook die band en DJ van 'n troue. So die verblyf is vi...
Sien meer
Mei 2024
Francie S
Saam met lewensmaat
4.8
As above. Wonderful, comfortable, clean and peaceful setting.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025
Charlotte B
4.8
Rustig, veilig en die perfekte wegbreek in Witrivier. Ek en my ma het heerlik gebly en Brian is 'n fantastiese gasheer. Ek sou net voorstel dat 'n men...
Sien meer
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Brian & Frances Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 28

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 5 Darter Drive, Sheffield Estate, White River, 1240, Mpumalanga
  • Gaste dink Heuglins het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 350
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 350
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 350
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 5 Darter Drive, Sheffield Estate, White River, 1240, Mpumalanga
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5059b0a8d68a8ced05d04261fa938cc862cce472ea630b192efb36b2a5cc6c6e2e20ef73fee6ffaa13f4943c589878442d89?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 350 per nag (plek vir 2) 28 5 1 5 5 Darter Drive Sheffield Estate 1240 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -25.288113250312 30.998122948123

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang