Hezekiah Guest Farm
- Kapasiteit: 33 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Farm 137 Alkmaar, Mbombela (Nelspruit), 1200, Mpumalanga
- Vanaf R800 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Hezekiah Guest Farm is sowat 15 km buite Mbombela (Nelspruit), in die skilderagtige Alkmaar-streek, geleë. Hierdie wildsplaas word besit en bestuur deur die Coetzee-familie. 'n Gedeelte van die plaas word gebruik as 'n kommersiële boerdery, op kleinskaal. Die ander deel is 'n wildsplaas.
Al 4 die eenhede is naby die dam en bied fantastiese uitsigte oor die omliggende omgewing. Dis ook baie veilig. Elke eenheid het 'n TV met DStv en lugversorging. Die oorspronklike kothuis van klip bestaan uit 2 gemaklike slaapkamers met dubbelbeddens. Die kothuis is volledig toegerus vir selfsorg en het 'n oopplan-kombuis met 'n yskas-vrieskas, drieplaatstoof, mikrogolfoond, broodrooster en ketel. Alle potte, panne, breekware en eetgerei word voorsien.
Die 2 eenhede van hout is baie gewild! Beide eenhede is volledig toegerus vir selfsorg, en het 'n yskas, vrieskas, elektriese stoof, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, potte, panne, breekware en eetgerei.
Hier sal jy 'n hele aantal wildsbok-spesies soos die koedoe, njala, impala, klipspringer en duiker aantref. Die ryk voëllewe sal jou ook bekoor. Hier is 'n magdom plaaspaaie vir motorfietsryers, voetslaners en bergfietsryers beskikbaar. Die dam is geskik vir varswaterhengel op 'n vang-en-vrylaat-basis. Daar is ook 'n trapboot met sitplek vir 4 gaste beskikbaar.
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Henk Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 103
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Farm 137 Alkmaar, Mbombela (Nelspruit), 1200, Mpumalanga
- Gaste dink Hezekiah Guest Farm het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 33 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Farm 137 Alkmaar, Mbombela (Nelspruit), 1200, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang