Successfully reported
+14

Invermooi Estate - The Stables

Selfsorg
  • Kapasiteit: 28 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lower Loteni Road (25 km from Nottingham Road), Nottingham Road, 3280, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Invermooi Estate - The Stables bied gerieflike verblyf in 3 tweeslaapkamerkothuise en 5 eenslaapkamerkothuise wat almal vir selfsorg toegerus is. Die kothuise is op die Invermooi Angus Stoetplaas in die voorheuwels van die Drakensberg, sowat 25 km buite Nottingham Road in KwaZulu-Natal se Middellande. Die landgoed bied 'n rustige, plattelandse atmosfeer met 'n uitsig op die Drakensberg ? 'n ware toevlug uit die stad. Die eenhede op die landgoed is versprei, wat privaatheid verseker.

Die tweeslaapkamerkothuise beskik elk oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n sitarea en 'n kombuis wat ten volle toegerus is. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Albei slaapkamers het toegang tot 'n gedeelde badkamer met 'n stort. Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof en 'n mikrogolf toegerus en die sitarea het 'n slim-TV met Netflix, WiFi en 'n kaggel. Die kothuis bied ook 'n buitebraai-area.

Die eenslaapkamerkothuise is smaakvol ingerig en beskik elk oor 1 slaapkamer met 2 enkelbeddens, 'n badkamer met 'n stort en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof en 'n mikrogolf toegerus en die kothuis het 'n TV met sekere DStv-kanale, WiFi en 'n kaggel. Gaste het ook toegang tot braaigeriewe.

Invermooi is 'n vooraanstaande forelhengelbestemming en die landgoed bied verskeie damme en 8 km se rivierfront waar gaste kan hengel. Die eenhede is op 'n werkende plaas wat dit die ideale plek maak om die platteland se voëllewe en wild in oorvloed te sien. Die plaaslike Nottingham Road-dorpie het baie te bied wat restaurante, kroeë en kunsvlytwinkels betref en daar is ook doendinge soos kunsvlieghengel, voetslaan en bergfietsry.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek

Resensies

3.1/ 5

Gebaseer op 3 resensies


Netheid
3.0
Ligging
3.0
Waarde vir geld
3.0
Diens
3.3
Veiligheid
3.7

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.2/5

Desi Geverifieer

Eiendomme 6

Resensies 15

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Lower Loteni Road (25 km from Nottingham Road), Nottingham Road, 3280, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 900
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 900
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 28 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lower Loteni Road (25 km from Nottingham Road), Nottingham Road, 3280, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf2859b9d2f9110cb2d65354edc49c8afb3ce4a461e49023b830ed268f3f9b7c2edb464b32e01272b89b5627bb42b8af82559?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 900 per nag, vir 2 mense 3 5 1 4 Lower Loteni Road (25 km from Nottingham Road) Nottingham Road 3280 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.403328 29.804735
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang