Successfully reported
+104

Izinkwe Lodge

  • Kapasiteit: 44 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm Kruisrivier 74JS, Groblersdal, 0470, Limpopo
  • Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Izinkwe Lodge is 'n prentjiemooi wildlodge in die Loskopvallei, 60 km vanaf Middelburg in Mpumalanga. Dis slegs 2 ure vanaf Pretoria, en 15 km vanaf Loskopdam. Izinkwe Lodge bied gaste 'n rustige wegbreek en 'n unieke wild- en natuur-ervaring.

Die lodge het 'n hoofkamp, selfsorgeenhede, tentkampe asook 'n privaat boshut.

Die hoofkamp word as 'n eenheid verhuur en het 6 chalets wat elkeen 1 slaapkamer, 'n en suite-badkamer en koffie- en teemaakgeriewe het. Hierdie kamers huisves elk 2 gaste. Daar is 2 gesinskamers by die hoofkamp en hulle huisves elk 'n gesin van nie meer as 5 nie. Hierdie kamers het ook 'n en suite-badkamer en koffie- en teemaakgeriewe. 'n Gedeelde kombuis, kroeg, braai-area en 'n kouewaterswembad is ook deel van die hoofkamp.

Die wittebrood-suite het 'n privaat braai-area en 'n kombuis wat volledig toegerus is.

Die luukse selfsorgeenhede is almal en suite-eenhede. Elkeen het 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, mikrogolfoond, yskassie, breekware en 'n opwasarea. Daar is 'n privaat braai- en kuierarea by elke eenheid. Daar is 'n swembad by die selfsorgeenhede.

Die 2 safari-tente het elkeen 'n privaat badkamer, braai-area. Daar is geen elektrisiteit nie. Daar is 'n donkie vir warm water. Die kombuis is toegerus met 'n gas- en koolstoof, en al die nodige breekware en eetgerei. Albei tente het toegang tot 'n swembad wat slegs in die somer volgemaak word. Die Kruisrivier vloei verby die eenhede. Dié eenhede is ongeveer 3 km van die hoofkamp af.

Die boshuis is stapafstand vanaf die tente, maar ongeveer 3 km van die hoofkamp. Dit beskik oor 'n oopplan-slaapkamer en -sitkamer. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n badkamer buite met 'n opelugstort en toilet. Die eenheid het sy eie kombuis met 'n gas- en koolstoof, asook lekker braai-area. Daar is 'n ysboks vir ys wat daagliks aangevul word. Al die nodige breekware en eetgerei word voorsien. Krag is ongelukkig nie beskikbaar nie, maar die eenheid beskik oor lanterns en warm water wat deur middel van 'n donkie voorsien word. Die Kruisrivier vloei verby die huis.

Elke eenheid beskik oor die nodige beddegoed en badhanddoeke. Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke en toiletware saambring.

Doendinge by Izinkwe Lodge sluit wildritte, 4x4-roetes, visvang op 'n vang-en-vrylaat-basis, minigholf, pool en tafeltennis in. Daar is ook voetslaan- en bergfietsroetes. Daar is 2 kouewaterswembaddens. Daar is nie 'n restaurant of 'n kroeg nie. Maar spyseniering word vir funksies gedoen. 'n Veldpiekniek kan vooraf bespreek word vir enige belangstellendes.

Geen 2x4-voertuie of sportnutsvoertuie word op die 4x4-roete toegelaat nie. Die paaie is glad nie geskik vir voertuie met 'n lae grondvryhoogte nie. Wildritte kan vooraf gereël word.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Konferensiegeriewe
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 109 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Lindie P
Gesin met klein kinders
5.0
Skoon, netjies met alles wat mens kan benodig! Fantastiese plek met genoeg om ons 8-jarige besig te hou. Eenhede is lekker ingerig, met alles wat mens...
Sien meer
Apr 2025
Charné D
Saam met lewensmaat
5.0
Perfekte plek om te rus. Heerlik en rustig in die bosveld.
Mrt 2025
Lucas S
Saam met lewensmaat
5.0
Quite and relaxing. Super chill and tranquil. I will be visiting again.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2024
Neill D
Saam met lewensmaat
5.0
Fantastiese plek. Baie stil en netjies.
Jan 2024
Dewald V
Saam met lewensmaat
4.8
Relaxing, beautiful, clean, comfortable. This is a really awesome place, very clean and comfortable. The garden provides an awesome pea...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Marié Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 109

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Farm Kruisrivier 74JS, Groblersdal, 0470, Limpopo
  • Gaste dink Izinkwe Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 300
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 300
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 44 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm Kruisrivier 74JS, Groblersdal, 0470, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbLbULNx18pE6UbRCLG6B20PexjDamWICCImAGoam7z4oUkmHzj?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense 109 5 1 5 Farm Kruisrivier 74JS Groblersdal 0470 Limpopo 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.381045405524 29.484147727489
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang