Jeffreys Bay Holiday Home
Kry 40% af. Geldig vir verblyf vanaf 3 Nov 2025 tot 30 Nov 2025.
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 17 Red Currant Road, Wavecrest, Jeffreys Bay, 6330, Oos-Kaap
-
Vanaf
R2 100R1 260 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
Jeffreys Bay Holiday Home bied selfsorgverblyf in die kusdorpie Wavecrest in Jeffreysbaai en is naby die waterwurms, kruidenierswinkels en restaurante.
Die ruim huis is geskik vir 5 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, spieëltafel en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n enkelbed. Hierdie 2 kamers deel die tweede badkamer met 'n stort-oor-bad.
Die hoofleefarea bestaan uit 'n sitarea, eetarea en 'n kombuis wat volledig met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is en daar is 'n aparte opwaskamer. Die kombuis lei na die ruim eetarea met etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet of hul kan by die toonbank sit wat sitplek het vir 4. Verder is daar ook 'n wasmasjien en tuimeldroër.
Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Gaste moet asb. hul eie dekodeerder en slimkaart saambring. WiFi is beskikbaar.
Buite is daar 'n onderdakstoep met buitemeubels soos 'n etenstafel, 'n ingeboude braai en 'n plonspoel. Verder is daar veilige parkeerplek in 'n dubbelmotorhuis.
Die verblyf het 'n omsetter en word dus nie deur beurtkrag geraak nie.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Linda Geverifieer
Eiendomme 5
Resensies 10
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- 17 Red Currant Road, Wavecrest, Jeffreys Bay, 6330, Oos-Kaap
- Gaste dink Jeffreys Bay Holiday Home het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 17 Red Currant Road, Wavecrest, Jeffreys Bay, 6330, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang