Jock's Bay View
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 2821 Clarence Drive, Bettys Bay, 2062, Wes-Kaap
- Vanaf R2 950 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Jock's Bay View is 'n lieflike en ruim selfsorgvakansiehuis wat ideaal geleë is in die hartjie van Bettysbaai. Dit kan 'n ideale opsie wees vir 'n gesinswegbreek aangesien die huis pragtige uitsigte oor die see en berge het en ook stapafstand vanaf die strand is.
Dié eiendom bied slaapplek vir altesaam 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die oorblywende 2 slaapkamers het elk 'n dubbelbed en deel die tweede badkamer met 'n bad en 'n stort. Alle linne word voorsien; gaste moet egter hul eie handdoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware asook 'n sentrale ontbyt-eiland met stoele. Van die kombuis af lei 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek, 'n gasverwarmer en 'n platskerm-TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar. Langs die kombuis is 'n etenstafel met sitplek vir 8 waar gaste hul maaltye saam kan geniet.
Die huis het ook 'n binnebraai in die sitkamer. Hierdie area maak oop op 'n lieflike houtdek met buitemeubels en braaigeriewe wat die perfekte plek is vir 'n skemerkelkie terwyl jy die uitsigte en die seisoenale walviskyk bewonder. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Andrew Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 10
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- 2821 Clarence Drive, Bettys Bay, 2062, Wes-Kaap
- Gaste dink Jock's Bay View het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 2821 Clarence Drive, Bettys Bay, 2062, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang