Successfully reported
+60

Jock's View

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2912 High Level Road, Betty's Bay, 7141, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 900 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Jock's View is 'n lieflike selfsorghuis wat skouspelagtige see- en berguitsigte bied waar gaste in die borrelbad op die patio kan ontspan en kyk hoe die branders op die rotse breek. Die huis is hoog teen Kogelberg in Bettysbaai met 5 minute se stap na Jocksbaai en, 4 km vanaf Bettysbaai-strand.

Dié huis het 'n omskakelaar om die TV, DStv en WiFi tydens beurtkrag van krag te voorsien. Die stoof en geiser word deur gas aangedryf en daar is herlaaibare ligte.

Dié huis spog met ongelooflike see-uitsigte deur die meeste van sy kamers en beskik oor 4 slaapkamers met slaapplek vir 8 gaste op 'n slag. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer en derde slaapkamer het onderskeidelik 'n koningingrootte-bed en dubbelbed, terwyl die vierde slaapkamer met 2 enkelbeddens ingerig is. Hulle maak gebruik van 'n gedeelde badkamer met 'n stort, en 'n aparte toilet en wasbak.

Die leefarea het gemaklike sitplek, met 'n TV wat toegang het tot 'n volledige verskeidenheid DStv-kanale, YouTube en Netflix en beskik oor 'n 8-sitplek-eettafel met stoele. Dit is oopplan na die kombuis wat toegerus is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, basiese breekware en eetgerei, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Dit beskik oor 'n kaggel om die koue winteraande by te geniet.

Braaigeriewe is beskikbaar op die patio wat oor die see uitkyk. Die eiendom het 'n steil oprit met 'n dubbelmotorhuis vir 2 motors en 'n motorafdak vir 1 voertuig. Gratis WiFi is regdeur die huis beskikbaar.

Jock's View is stapafstand vanaf die strande wat veilig is vir swem, seil, kanovaart en boordbranderry, en is naby die Harold Porter Botaniese Tuine, restaurante, koffiewinkels en winkelsentrums.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Kaggel
Braai
Warmbad
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 20 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Maryka N
Gesin met tieners
5.0
Amazing. Die huis is skoon en netjies, goed uitgerus met 'n great see uitsig, sentraal geleë om 'n verskeidenheid goed te kan gaan doen.
Aug 2025
Nickey B
5.0
Tussen berge en see. Jock’s View is die perfekte plek vir ’n rustige naweek weg. Die huis is skoon, ruim en gemaklik ingerig met alles wat jy nodig he...
Sien meer
Jul 2025
Marianne V
Gesin met klein kinders
5.0
Ligging uitstekend en sal definitief weer gaan. Die akkommodasie was uitstekend en sal definitief aanbeveel, goeie waarde vir geld.
Mrt 2025
Maryka N
Gesin met tieners
5.0
Uitstekend! Die mooiste see-uitsig! Skoon, netjies en baie mooi huis! Alles wat 'n mens kan benodig om 'n lekker vakansie te kan hou! Net uitstekend.
Apr 2024
Helen P
Gesin met tieners
4.8
Magnificent. This is honestly one of the best places we have ever stayed. We loved Betty's Bay and the proximity to many beautiful walk...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Pieter Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 180

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 2912 High Level Road, Betty's Bay, 7141, Wes-Kaap
  • Gaste dink Jock's View het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 900
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 900
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R 2 900
per nag (plek vir 8)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2912 High Level Road, Betty's Bay, 7141, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcba104b7fe76e7283ea22ce9f1c3e9b9d52028de4c708b2fa7c656c6040139f107e82fc90d0bfe0f951bca4711f0a8b25585?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 900 per nag (plek vir 8) 20 5 1 5 2912 High Level Road Betty's Bay 7141 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -34.3542122 18.9375716
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang