Successfully reported
+46

Kameeldoring Camping

Tentekamp
  • Kapasiteit: 80 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Augrabies Way, Augrabies, 8870, Noord-Kaap
  • Vanaf R425 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Kameeldoring Camping bied verblyf op 'n skilderagtige plaas aan die buitewyke van Augrabies, 'n dorpie in die Noord-Kaap. Die plaas is op die oewer van die Oranjerivier en reg langs die Augrabies Nasionale Park geleë.

Verblyf word gebied in gestruktureerde tente of die kampeerterrein. Daar is 5 gestruktureerde tente. Die selfsorgtente het elk 'n privaat badkamer, lugversorging en beid slaapplek aan 4 gaste.

Daar is 7 kampeer plekke onder die groot kameeldoringbome wat elk slaapplek vir 8 gaste het. Die kampplekke is geskik vir tente of karavane. Elke staanplek het sy eie ablusiegeriewe met 'n stort en 'n kombuisarea waar maaltye voorberei kan word. Warm water word deur 'n houtvuur-donkie voorsien.

Gaste kan wildritte in Kameeldoring Camping kamparea geniet of die Augrabies-waterval besoek. Ander doendinge sluit roei in hul kanoes, voetslaan en visvang in.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 204 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.6
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Shaun D
Saam met lewensmaat
5.0
Rus vir jou siel. Baie goed toegeruste kamp en uitsig en sons ondergang ongelooflik.
Okt 2025
Janine W
Saam met lewensmaat
5.0
Glamping in style. Ons het baie lekker gebly in die tent chalets. Eerste keer wat ons "glamp". Wat 'n lekker bederf. Alles is baie gerieflik ingerig. ...
Sien meer
Okt 2025
Zubi K
Saam met lewensmaat
5.0
It was top class glamping and everything was provided. Beautiful location. It was beautiful, tranquil, clean, comfy and scenic. Would d...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2025
Lynette R
Saam met lewensmaat
5.0
Awesome! Al was dit in 'n chalet tent, was daar met niks afgeskeep hier nie. Wonderlike plek, alles goeie gehalte, sal enige tyd teruggaan soontoe.
Sep 2025
Irma D
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelooflik rustig en netjies. Baie vriendelik ontvang. Die terrein is ongelooflik skoon en netjies. Hoor die visarende in die oggend. Tent was baie g...
Sien meer
Sep 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Francois Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 232

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Augrabies Way, Augrabies, 8870, Noord-Kaap
  • Gaste dink Kameeldoring Camping het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 425
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 425
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 425
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 80 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Augrabies Way, Augrabies, 8870, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAitIx9yVyV90JH44ZanE7nICyNymvZrNO3KtoRq68QZTCfjTOp8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R425 per nag, vir 2 mense 204 5 1 5 Augrabies Way Augrabies 8870 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.623331369086 20.350651032252
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang