Successfully reported
+108

Kingfisher Cottages

Weeksdagaanbod 15% af

Kry 15% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 21 Okt 2025 tot 10 Des 2025.

  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langhoogte Farm, Pietersfontein, 26 km from Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 495 R1 271 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Kingfisher Cottages het 1 klipkothuis en 3 eko-vriendelike kothuise op die Langhoogte-plaas, net 26 km vanaf Montagu. Gaste kan 'n rustige vakansie geniet. Daar is ook aktiwiteite soos visvang, swem en bergfietsry.

Die Malachite Kothuis is geskik vir 2 gaste en grens aan die hoofplaashuis. Die Giant, Brown-hooded en Pied Kothuise is almal eko-vriendelike kothuise wat van natuurlike materiaal gebou is. Dit is in die vallei geleë, ongeveer 1 km vanaf die plaas.

Malachite Kothuis het 2 enkelbeddens en 2 enkelslaapbanke geskik vir kinders in die sitarea. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die kombuis is met 'n tweeplaatgasstoof, yskassie, alle kookgerei, eetgerei en breekware toegerus. Die eenheid is troeteldiervriendelik indien dit vooraf so gereël is. Dit het 'n aparte ingang met 'n privaat, omheinde tuin met 'n braaiput, buitesitplek, sonstoele en 'n houtvuurwarmbad.

Die Giant, Brown-hooded en Pied Kothuise het elk 2 slaapkamers en is elk geskik vir 4 gaste. Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, elektriese yskas-vrieskas, alle nodige kookgerei, eetgerei, breekware en 'n toonbank toegerus. Die oopplan-sitarea en -kombuis het 'n kaggel en buite is daar 'n ingeboude braai en eetarea. Die badkamer het 'n stort en wasbak, asook 'n aparte droë kompos-toilet. Alle linne, handdoeke en beddegoed word voorsien. Die verblyf streef om so klein moontlik impak op die omgewing te hê en bioafbreekbare geriewe en skottelgoedseep word voorsien. Dié 3 eenhede is nie geskik vir troeteldiere nie.

Die Giant, Brown-hooded en Pied Kothuise het 'n gemeenskaplike boma-area met 'n braai en sitplek, asook 'n eko-swembad weggesteek tussen die Klein-Karoobome. Dit is ideaal vir sosiale byeenkomste, familie-reünies, werkswinkels, spanbou en joga-uitstappies. Pied Kothuis het ook 'n houtvuurwarmbad.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
WiFi
Swembad
Mooi uitsig

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 91 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Marisa P
Saam met lewensmaat
5.0
Perfekte wegbreek. Presies soos geadverteer. Heerlik stil, alles wat jy nodig het vir 'n wegbreek, sonder fieterjasies. Super skoon. Mooi uitsigte oor...
Sien meer
Aug 2025
Lezanne L
Saam met lewensmaat
5.0
Besonders heerlik. Hierdie is 'n juweel wat baie goed bewaar is. Die natuur, huis, warmbad was baie goed met heerlike staproetes. Hul gasvryheid, komm...
Sien meer
Aug 2025
Michael P
Saam met lewensmaat
5.0
Quiet, cozy little winter gem. We had an amazing stay! The accommodation was spotless, with great attention to detail throughout. We es...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025
Rudy T
Saam met lewensmaat
5.0
The entire stay was breathtaking. The stay was phenomenal! The untouched mountains and the peace and quiet heal the soul. Make 110% sur...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2025
Henrita A
Saam met lewensmaat
5.0
We loved this cosy little cottage that offered a lot more than an ordinary stay. We enjoyed every minute - the peace and tranquility, t...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Vivian Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 91

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Langhoogte Farm, Pietersfontein, 26 km from Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kingfisher Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 495
R 1 495 R 1 271
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R1 495
R 1 495 R 1 271
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 495
R 1 495 R 1 271
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langhoogte Farm, Pietersfontein, 26 km from Montagu, 6720, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAddae0edd5c44229a45ef68bbea30255d60a09ca9fb088f8fab9d90b939c184a31516b21fbd86b60421afcafecdd6faf4c0ad?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 495 nouVanaf R1 271 per nag, vir 2 mense 91 5 1 5 Langhoogte Farm Pietersfontein 6720 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.639175215038 19.976493269205
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang