Klein Jongens
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Seebries Avenue 3, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
- Vanaf R1 800 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Klein Jongens is 'n ruim selfsorgwoonstel op die onderste vlak van 'n woonhuis in Jongensfontein. Dis die ideale plek vir 'n gesin wat op soek is na 'n vakansie weg.
Die woonstel is geskik vir 4 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 2 slaapkamers met 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n bank in die leefarea wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die badkamer het net 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien, asook 'n haardroër.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, elektriese stoof met 'n oond, mikrogolf, broodrooster, toebehore, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n klein gasstoof. Die wasarea is voor die motorhuis geleë en sluit 'n wasmasjien en skottelgoedwasser in. 'n Yster en strykplank is ook beskikbaar.
Die sitkamer het gemaklike sitplek met 'n slim-TV. 'n Skuifdeur maak oop op 'n klein houtdek met 'n piekniekbankie en 'n selfstandige braai waar verskeie voëlspesies gehoor kan word. Die motorhuis met 'n elektriese deur bied veilige parkeerplek vir 1 voertuig.
Jongensfontein is net 12 km vanaf Stilbaai en is 'n veilige, rustige vakansiedorpie. Dit beskik oor 2 kafees en 'n restaurant, 'n speelgrond, 'n buiteluggimnasium en 'n kuswandelpad. Dit is ook baie gewild onder branderplankryers, hengelaars en fietsryers. Klein Jongens is net 200 m vanaf die see en stapafstand van die hoofstrand af.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
2 x Enkelslaapbank
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Susarah Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Seebries Avenue 3, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
- Gaste dink Klein Jongens het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Seebries Avenue 3, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang