Successfully reported
+118

Klipkoppie Cottage

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 16 Smart Street, Mbombela (Nelspruit), 1200, Mpumalanga
  • Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Klipkoppie Cottage word deur die eienaar bestuur en is 'n gastehuis in 'n stil woonbuurt in Mbombela (Nelspruit), die hoofstad van Mpumalanga. Gerieflik verblyf word aangebied en dit is die ideale basis vir sakereisigers en gesinne wat die Laeveld wil ontdek. Die gashere is 'n gesin van 4 wat langsaan op die perseel met 3 honde woon.

Verblyf is beskikbaar in 3 eenhede. Elke eenheid het 'n slim-TV met Netflix en gratis WiFi is beskikbaar.

Loerie is 'n luukse koningkamer met lugversorging en 'n en suite-badkamer, asook 'n kombuisie met 'n mikrogolf, lugbraaier, konveksieplaat en yskassie. Daar is 'n enkelslaapbank vir 'n kind. Suikerbekkie is 'n eenheid met 2 enkelbeddens, lugversorging, badkamer, leefarea, kombuis, stoep en braai-area. 'n Stapelbed is in die leefarea beskikbaar. Janfrederik is 'n luukse eenheid met lugversorging en 'n koninggrootte-bed. Dit het 'n stort en kombuisie met 'n mikrogolf, lugbraaier, konveksieplaat en yskassie.

Gaste het toegang tot 'n privaat tuin met baie voëls en 'n groot swembad.

Die gastehuis is naby Van Riebeeck Park-sportgeriewe met 'n tennisbaan en swembad. Busamed Lowveld Privaat Hospitaal en Mbombela (Nelspruit) Mediclinic is ook om die draai.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 103 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Eugene N
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig en lekker. Perfek geleë naby al die winkels. Ongelooflike mooi uitleg en baie modern, skoon en netjies. Die gasvrou is baie vriendelik en jy he...
Sien meer
Jul 2025
Frik F
Gesin met klein kinders
5.0
Uitstekende opsie vir oornagverblyf in Nelspruit. Baie lekker gebly oppad na die Krugerwildtuin.
Jul 2025
Gerda N
Gesin met klein kinders
5.0
Pragtige eenheid wat ons weer sal gebruik. Vriendelike ontvangs, netjiese geriewe. Pragtige tuin.
Jul 2025
Khumbudzo R
Saam met lewensmaat
5.0
Peaceful. Peaceful, lovely, quiet, clean and oh, Estie is such a lovely lady.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2025
Danielle W
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was 'n uitstekende plek! Sal enige tyd hulle vir enige iemand aanbeveel! Fantastiese verblyf!
Jun 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Estie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 103

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 16 Smart Street, Mbombela (Nelspruit), 1200, Mpumalanga
  • Gaste dink Klipkoppie Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 100
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 100
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 16 Smart Street, Mbombela (Nelspruit), 1200, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3395a4d68627de61d7bedacc9dcba70e107e89a5eb5cd5ce667e33f92d5c6f824a6523c9bd90604f321e48136be6d8273dd0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense 103 5 1 5 16 Smart Street Mbombela (Nelspruit) 1200 Mpumalanga 021 201 8901 15:00-20:00 10:00 -25.484149197389 30.984956389549
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang