Successfully reported
+19

Kumbaya

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Fourie Street, Westcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Vanaf R5 950 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Kumbaya is 'n lieflike selfsorgvakansiehuis in die kusdorp Hermanus en dit is ideaal vir vriende en familie wat op soek is na 'n ontspannende basis terwyl hulle dié omgewing verken.

Die huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die 3 ander slaapkamers het dubbelbeddens en die aparte badkamer het 'n bad, wasbak en 'n toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n toonbank met stoele toegerus. Die sitarea het gemaklike sitplek, 'n TV en 'n kaggel. WiFi is ook beskikbaar.

Daar is ook 'n toegeboude braaikamer met 'n ingeboude braai, yskassie en 'n etenstafel, en dit lei na 'n tuin en veilige parkeerplek op die perseel. Die huis is naby winkels en restaurante geleë en Fick-se-Poel-getypoel is net sowat 600 m ver.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Kaggel
Braai

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4/5

Shelly Geverifieer

Eiendomme 9

Resensies 6

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Fourie Street, Westcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 5 950
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 5 950
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R 5 950
per nag (plek vir 8)
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Fourie Street, Westcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcaeafb50f7cb1ddfd669396c7857612edf69fcf8584de1b23492032e100782836fa9339337ecf5d47fb29504cb1e6c54f4d9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 950 per nag (plek vir 8) Fourie Street Westcliff 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -34.420448 19.2324662
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang