Successfully reported
+87

KumbuKumbu Mountain Villas

  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm Quarriebosch Kloof, Off Route 62, 25 km from Montagu, 6270, Wes-Kaap
  • Vanaf R4 300 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

KumbuKumbu Mountain Villas is hoog teen die berg op ’n kliprif aan die noordelike kant geleë, met ’n vallei in die ooste en die Langeberg in die suide. In die winter is die Langeberge se hoë pieke met sneeu bedek en dit is dan heerlik om voor die kaggel te sit. Soms word die sonsopkoms deur ’n laag mis begelei wat die laer Poortjieskloof-damvallei bedek.

Verblyf word in The Summit Mountain Villa en Quarriebosch Villa aangebied. Elke villa is 'n ruim oopplan-selfsorgvilla met groot vensters en glasdeure wat vir 'n pragtige, panoramiese uitsig sorg. Die villas bied elk verblyf slegs aan 2 volwassenes. Die slaapkamers het elk ’n koningingrootte-bed, 'n kaggel en deure na die dek en die volledige en suite-badkamers het elk ’n ovaalbad, stort, toilet en dubbelwasbak.

Die kombuis is met ’n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond en 'n ketel toegerus en daar is 'n toonbank met stoeltjies. Die eetarea het ’n etenstafel met sitplek vir 2 en ’n ingeboude binnebraai. Die sitarea het gemaklike sitplek en stapeldeure wat na die balkondek met ’n privaat plonspoel en sonstoele lei.

Gaste kan op die dek of langs die swembad ontspan, of binne rus met uitsigte op die berge wat van kleur verander soos die aarde draai.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Mooi uitsig

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 86 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Marlin J
Saam met lewensmaat
5.0
The wonder of nature and sunrises. I can't fault this place; it was perfect for us. I highly recommend this place to couples that want ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Riaan J
Saam met lewensmaat
5.0
One of the most amazing places we have ever stayed! Amazing getaway with the best views and probably the best sunrise I have ever seen....
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2025
Lucus V
Saam met lewensmaat
5.0
Ontspan, rustig, net lekker. Ons het baie lekker gebly. Die plek was skoon en daar is alles wat jy nodig het om weg te breek.
Mrt 2025
George E
Saam met lewensmaat
5.0
Een van die beste plekke waar ons nog ooit oorgeslaap het! Alles was meer as per. Een van die beste plekke waar ons nog ooit oorgeslaap het! Alles was...
Sien meer
Mrt 2025
Gustav-henry G
Saam met lewensmaat
5.0
Stil en romanties saam met Montagu se natuur. Baie lekker gebly. Uit ontvangs uit (daar is WiFi) en kon lekker afskakel en ontspan na die troue. Wens ...
Sien meer
Feb 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Ivonne Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 86

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Farm Quarriebosch Kloof, Off Route 62, 25 km from Montagu, 6270, Wes-Kaap
  • Gaste dink KumbuKumbu Mountain Villas het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 4 300
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 4 300
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 4 300
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 volwassenes
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm Quarriebosch Kloof, Off Route 62, 25 km from Montagu, 6270, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2588e5fc6f5efa4429ef103ba3722da680d946e23550759c4e9d7b69d4a3b76ec2cbc3348b70b7dd6250f3ecf6b7fa997b17?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 300 per nag (plek vir 2) 86 5 1 5 Farm Quarriebosch Kloof Off Route 62 6270 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.885808418722 20.344529965546
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang