Successfully reported

La Pirogue 1

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 17 resensies

Baie goed

Netheid
4.2
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.3
Veiligheid
4.7
Retha O
Lang verblyf Gesin met tieners
4.6
Jul 2025

Fantasties. Ons kon ongelukkig nie lank daar bly nie, die strand al vir 2 maande gesluit. Ons was nie bewus nie, so ons het getrek na die 2de dag.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Karen
La Pirogue 1
Baie dankie vir die tyd wat jy gebruik het om terugvoering te gee. Die strand is weer oop vir swem in die see. Die munisipaliteit het die waterpompe vervang wat keer dat daar goed in die seewater inloop. Dis 'n groot prioriteit op die kus se munisipaliteite om die see skoon te hou.

Marica G
Kort verblyf
4.4
Apr 2025

Asemrowende uitsig met die geklots van branders. Hierdie eenheid het ’n asemrowende uitsig. Uit al die kamers is die branders hoorbaar. Kamers het groot skuifdeure wat die uitsig innooi en heerlike lugvloei verseker. Die eenheid is baie gerieflik – daar is slegs ses koffiebekers, wat frustrerend is, maar verder is alles wat jy benodig daar. Die skottelgoedwasser is ’n bonus! Daar was voldoende yskas-/vrieskasspasie. Die kamers is smaakvol gemeubileer met finesse in die keuse van skilderye en “scatter”-kussings. Linne is skoon, wit en van goeie gehalte. Die hoofslaapkamer het ’n stort met drie verstellings (reg van bo – “forest rain”-effek, nekhoogte, heuphoogte). Die tweede badkamer het twee stortkoppe vir ’n “his & hers”-ervaring. Die handdoeke is skoon en heel, maar badlakens kan beslis oorweeg word / nuwe donsige handdoeke. Die slaapkamers is op die grondvloer, en so ook die braai-area. Dis ongerieflik met die kombuis op die eerste vloer. ’n Draagbare klein braai is op die eerste vloer wat wel kompenseer. Die eerste vloer se stoep het gemaklike banke en ’n eettafel. Die skuifdeure in die woonkamer skuif heeltemal oop om die see-ervaring binne te nooi. Sitkamerbanke (pienkstel) sit ’n bietjie diep. Die swart bank het ons geskuif om ook te kan uitkyk – dit sit heerlik gemaklik. Wees versigtig vir die boonste toilet – daar is ’n onverwagse trappie wat mens dikwels verras. Aangesien die kamers op ’n ander vlak is as die woonkamer/kombuis, kan jy vir seker wees dat jy jou “Vitality steps”-doelwit gaan maak, en nie gewig aansit met jou vakansie nie. Gemiddeld het ek 18 verdiepings per dag op my horlosie geklok. Neem kerse saam vir die kershouers om ’n romantiese gevoel te gee – daar is ’n pot op die stoep om dit in te plaas. Die eenheid het ’n alarm met “beams” wat in die nag geaktiveer kan word – jy kan slaap met gerustheid. Die sekuriteit het flink geskakel nadat ons per abuis die alarm laat afgaan het. Toegang tot die strand is gemaklik indien jy buite die perseel links draai – so 300 m verder is daar strandtoegang. Dis skoon en oop. Onthou jou strandsambreel! Die “garage”-parkering is super klein en glad nie geskik vir enige kar groter as ’n Polo nie. Dit is reg voor die enigste toegang vir twee eenhede; derhalwe skuur mense verby as jou voertuig groter is. Die parkering reg voor die garage is ook baie klein en op ’n skuinste – nie geskik vir ’n waentjie / iets wat ’n swak handrem benodig nie – ook te klein vir ’n dubbelkajuitbakkie. Ons sal graag weer wil gaan, vir ’n langer periode, met ’n kleiner voertuig.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
3.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Dana N
Kort verblyf Gesin met tieners
3.2
Okt 2023

Baie ry. Die eenheid kort redelike aandag.

Netheid
3.0
Diens
4.0
Ligging
2.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0

Maritz V
Lang verblyf Gesin met tieners
5.0
Okt 2022

Dit was 'n plesier om hier te kuier. Die diens van dag een af was uitstekend met Karin. Sy was op die bol met als. Die woonstel is goed geleë en netjies. Skoonpa het in sy (Cinema) gesit en sy TV geniet. Baie dolfyne en walvis gesien. Vrou was in haar noppies, so ook die kinders. Ons het regtig lekker gekuier. Nogmaals dankie aan Karin. Ek gee haar ook 5 sterre.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Karen
La Pirogue 1
Goeiemiddag Maritz, baie dankie vir die mooi resensie, ons sien uit daarna dat u weer by ons bespreek. Groete, Karen.

Adel E
Kort verblyf Gesin met tieners
4.8
Jul 2022

As jy soek vir 'n see uitsig en die gedruis van golwe in jou ore. Die woonstel is uitstekende ligging. Gemaklik ingerig. Pragtige uitsigte. Ons het baie lekker gebly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0
Karen
La Pirogue 1
Baie dankie vir die terug voer. Ons hoop om jou weer te sien binnekort.

Nicolene S
Lang verblyf Gesin met klein kinders
4.0
Mrt 2021

Ons het die vakansie baie geniet ten spyte van 'n paar teleurstellende goed by La Pirogue 1. Prop247 se bestuur van La Pirogue 1 is nie effektief nie: Toe ons daar aankom het die blinder in die een kamer afgeval en dit was eers 10 dae later reggemaak. Ons kon vir 10 dae glad nie die derde kamer gebruik nie as gevolg daarvan. Die skoonmaakdienste maak nie die braai skoon soos adverteer nie. Die oond is so vuil dis onbruikbaar. Ons moes self die handdoeke was om die suur reuk uit te kry en die plek kort 'n "fumigation" (daar is baie kakkerlakke). Ons het ook aan Prop247 voorgestel dat daar meer borde en koppies aangeskaf word sodat mens nie na elke maaltyd moet skottelgoed was nie (net 6 koppies en 8 borde is te min). Die parkering is baie knap en moeilik om in/uit te kom veral as iemand in die parkering langsaan is, maar dis doenbaar. La Pirogue 1 het baie potensiaal (al die geriewe wat mens nodig het) en is pragtig geleë, maar moet beter onderhou word, anders sal gaste dit nie kan geniet nie.

Netheid
3.0
Diens
2.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jean V
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Sep 2020

Dit was heerlik, alles wat jy nodig het was daar, netjies en skoon. Parkering by Nr. 1 is 'n bietjie moelik as daar iemand in Nr. 3 ook is maar is moontlik. Is ook nie seker van die alarm gewees nie, die mense wat skoonmaak sit die alarm aan as hulle klaar is en jy weet dan nie dat dit aan is nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Dewald S
Kort verblyf Gesin met tieners
4.2
Sep 2020

Vinnige wegbreek, net wat ons gesoek het. As ek moet kla oor iets, dan is dit die kombuis wat werk kort. Die skottelgoed lappe het nie lekker geruik nie, ons kon dit nie gebruik nie. Ons moes van die potte en panne eers was voor ons dit kon gebruik. Die een pot was vreeslik vuil aan die buite kant. Die gasbraaier is geroes onder en om dit rond te skuif is nogal moeilik. Die parkering is 'n problem, veral as jy 'n groot voertuig het soos ons. Wonderlike uitsig vanaf die stoep, net wat ek gesoek het.

Netheid
3.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Anri S
Lang verblyf
4.4
Des 2019

Baie lekker. Baie mooi plek. Meubels kan dalk vervang word vir die prys wat mens betaal.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Taryn E
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2018

Baie lekker vakansie by die see. Ons het ons kort rukkie by die see geniet. Die huis is pragtig geleë en reg by die strand. Die uitsig is asemrowend en het elke oggend die sonsopkoms geniet.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Karen
La Pirogue 1
Baie bly julle het dit geniet! Julle is altyd weer welkom.

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Karen Geverifieer

Eiendomme 41

Resensies 576

Op LekkeSlaap 11 jaar

Vanaf
R 1 990
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 990
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 1 990
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: North Beach Road 53, Westbrook, 0001, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9d4bf1f8773344151deeb30941e9374a750020d21b72858d58a800cc188bbd2f8d75c3fdc624633799f6a4052d3982beb755?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 990 per nag (plek vir 6) 17 5 1 5 North Beach Road 53 Westbrook 0001 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -29.586881 31.17373
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang