Successfully reported
+35

La Roche Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Geen kinders onder 10
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 7 Weenen Road, Milnerton, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 590 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

La Roche Guest House is in 'n stil, residensiële area van Milnerton geleë. Die sentrale ligging bied maklike toegang tot hoofpaaie, strande en die lughawe en maak dit die perfekte plek vanwaar gaste die interessante besienswaardighede van die uitstekende omgewing kan verken.

Gaste kan kies tussen 6 pragtige kamers met gemaklike koninggrootte- of koningingrootte-beddens. Al die kamers het 'n toilet en storte, 'n haardroër, ekstra-lengte beddens, klokradio, TV, verwarmer en ingeboude kluise.

La Roche Guest House is beurtkrag-vriendelik en het sonpanele, 'n omsetter en battery-rugsteunstelsel.

Ontspan en geniet 'n braai langs die groot swembad in die somermaande. Die kaggel in die sitkamer bied 'n knus atmosfeer vir kouer aande. Veilige parkeerplek van die straat af word voorsien. 'n Heerlike ontbyt word daagliks in die eetkamer bedien wat ook op die tuin en swembadarea oopmaak.

Milnerton is 'n noordelike voorstad in Kaapstad teen die randjie van die Atlantiese Oseaan. Dit is omtrent 12 km van die middestad af en bied maklike toegang tot die gewilde plekkies in die stad en spog met die mooiste uitsig van Tafelberg, Seinheuwel en Robbeneiland. Daar is 'n strand, strandmeer, winkelsentrums en 'n gholfbaan. Milnerton is die perfekte plek vir 'n welverdiende wegbreek.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Openbare vervoer naby

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 11 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Heike / Jolyon Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 11

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • 7 Weenen Road, Milnerton, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink La Roche Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 590
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 590
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 590
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Geen kinders onder 10
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 7 Weenen Road, Milnerton, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAm0cfUptNtOKs2mbgB6lux1ovXTJSkwVmbFCH8IeYUuFYk9Bml0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 590 per nag, vir 2 mense 11 5 1 5 7 Weenen Road Milnerton 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.876358 18.498886

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang