Successfully reported
+39

La Rochelle Gastehuis

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 12 6th Avenue, Keetmanshoop, Karas
  • Vanaf R960 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

La Rochelle Gastehuis is in Keetmanshoop se middestad geleë en is die ideale oornagplek naby die hoofpad op pad na Suid-Afrika en Windhoek.

Die gastehuis bied 'n keuse tussen dubbel- en enkelkamers met en suite-badkamers. Die kamers het elk 'n TV, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, yskassie en WiFi. Sommige eenhede het 'n kombuisie.

Braaigeriewe is beskikbaar en gaste kan in die swembad afkoel. Daar is ook veilige parkering.

La Rochelle Gastehuis is net 'n kort entjie van 'n restaurant af. Ontbyt word slegs van Maandag tot Vrydag teen 'n bykomende koste bedien en moet die vorige aand by ontvangs gereël word.

Besienswaardighede in die omgewing sluit in die Kokerboomwoud, Giants Playground, Brukkarosberg, die Visrivierkloof, Ai-Ais en Neckertaldam.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Mooi uitsig

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 34 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.3
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Nicolaas W
Saam met lewensmaat
5.0
Ons is vriendelik verwelkom en ons verblyf is privaat. Goeie opsie vir oornag blyplek, netjies en ruim. Enigste negatief is die bed is te kort vir lan...
Sien meer
Sep 2025
Burger H
Saam met vriende
5.0
Aangenaam en geskik vir kort en langer verblyf. Pynlose ontvangs en vriendelike diens. Geriewe goed en in werkende kondisie.
Jul 2025
Chrisna L
Saam met lewensmaat
5.0
Het net oornag. Was alles wat ons nodig gehad het. Mooi, netjies en gerieflik.
Jun 2025
Henko V
Saam met vriende
5.0
Sakpas verblyf. Ruim eenhede, lekker kuier-area buite.
Mei 2025
Reginald M
Gesin met klein kinders
5.0
Geen steurnis. Ek hoop net nie ons was 'n steurnis vir ander met ons kinders nie. Ons het baie lekker gebly en uitgerus.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Annalien Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 34

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 12 6th Avenue, Keetmanshoop, Karas
  • Gaste dink La Rochelle Gastehuis het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 960
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 960
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 960
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 12 6th Avenue, Keetmanshoop, Karas
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf05783e13ef8a48484559ccb03ea81bf44d4a0886dd013c59a68111b364bfded440ceb2a72c90e38b26cd2dff0a392d24a47?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R960 per nag, vir 2 mense 34 5 1 5 12 6th Avenue Keetmanshoop Karas 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -26.58259058464 18.134230077267
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang