Successfully reported
+43

Laventelbos

  • Kapasiteit: 17 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kus Road, Rooipitjie Street, Farm Laventelbos, Gouritsmond, 6696, Wes-Kaap
  • Vanaf R800 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Laventelbos bied verblyf op 'n plasie langs die see, 2 km van Gouritsmond af. Dié rustige dorpie op die Tuinroete het 'n pragtige ou huis wat uit die 1920's dateer en bied puik visvanggeleenthede, 'n lekker strand en voetslaanroetes.

Verblyf word in die hoofplaashuis met slaapplek vir 6, 'n eenheid met slaapplek vir 3 en 'n eenheid met slaapplek vir 4 gebied. Die hoofhuis bied slaapplek aan 6 gaste en het 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis wat 'n yskas, stoof, oond, mikrogolfoond, ketel, koffiemasjien en kookgeriewe het, en 'n binnebraai. Beide eenhede het 'n oopplan-uitleg en het 'n yskas, mikrogolfoond, toonbank met stoele en tee- en koffiemaakgeriewe. Die eenheid met slaapplek vir 4 het 'n tweeplaatstoof en oondjie ook.

Let wel dat drinkwater deur middel van water wat uit 'n tenk en deur 'n filtrasiesisteem loop, voorsien word.

Gaste kan gebruik maak van die braai-area in die tuin met 'n pragtige uitsig oor die see in die verte. Die oopplan-woonstel het 'n onderdakstoep met 'n braai.

'n Paar soorte wild loop vrylik op die plaas rond en daar is staproetes van die plaas af na die strand.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 69 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Mark B
Saam met lewensmaat
5.0
Was bitter lekker en oom is baie vriendelik. Sien sterre.
Aug 2025
Liesl S
5.0
Bekostigbare lavenis vir die siel in 'n historiese huis. Laventelbos was vir ons 'n betowerende ervaring in die ou plaashuis met sy heerlike en gesell...
Sien meer
Jun 2025
Claudio P
Saam met vriende
5.0
Lanklaas so lekker gekuier. Was baie lekker gewees. Oom is 'n yster.
Jun 2024
Neels R
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekend. Pragtige omgewing, gasvrye gasheer. Jan voel soos 'n ou vriend. Uitstekend. Sal beslis weer gaan.
Apr 2024
Kerry B
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderful! Wonderful stay! Jan is most welcoming and accommodating - absolutely loved his doggy Spyker, who quickly made friends with u...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Jan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 69

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Kus Road, Rooipitjie Street, Farm Laventelbos, Gouritsmond, 6696, Wes-Kaap
  • Gaste dink Laventelbos het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 800
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 800
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kus Road, Rooipitjie Street, Farm Laventelbos, Gouritsmond, 6696, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAktN66QNKjrqrurSkCWB25EWbxu67f6VqthqoiuuFqiADpsxOHc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 2 mense 69 5 1 5 Kus Road Rooipitjie Street, Farm Laventelbos 6696 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -34.365495310899 21.849739014211
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang