Successfully reported
+30

Listen to the Waves

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 59 Charles Hoffe Avenue, Melkbosstrand, Melkbosstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R799 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Listen to the Waves bied gerieflike, gehalteverblyf in die rustige kusdorpie Melkbosstrand. Dié woonstel is naby verskeie doendinge, winkels en restaurante geleë.

Hoewel Listen to the Waves op dieselfde perseel as die eienaars se huis is, is dié eenheid heeltemal afgesonderd en privaat. Daar is 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Alle linne, handdoeke en beddegoed word voorsien.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n induksie-oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas-vrieskas, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Die leefarea het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv.

Daar is 'n privaat, omheinde binnehof met pragtige see-uitsigte en braaigeriewe. 'n Gratis, nie-alkoholiese verwelkomingsdrankie word gebied.

Geen troeteldiere en geen WiFi.

Listen to the Waves-vakansiewoonstel is in 'n veilige area geleë. Daar is 'n buurtwag en die Melkbos-polisie ry ook dikwels verby die vakansie woonstel.

Listen to the Waves is sowat 120 m vanaf die strand geleë. Daar is 'n wassery en openbare vervoerdienste 3 blokke vanaf die vakansiewoonstel.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 67 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Adriaan P
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig en kalm. Ons het baie lekker gerus en net afgewend na die haastige stadslewe.
Apr 2025
Trudie D
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker by die see. Ons het baie lekker gebly! Dis baie netjies, met baie bederfies, stapafstand van die see! Dis naby lekker restaurante en winkels. O...
Sien meer
Feb 2025
Pieter M
Saam met lewensmaat
5.0
Listen to the Waves is 'n juweel plekkie met die see uitsig. Listen to the Waves is 'n ware juweel. Ons is hartlik ontvang en rondgewys en alles van d...
Sien meer
Jan 2025
Sheree S
Saam met lewensmaat
5.0
Nice experience, peaceful. Peace and quiet, definitely listened to the waves only.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Louis V
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker rustige, veilige buurt. Skoon en netjies. Was baie lekker. Naby baie restaurante en besienswaardighede. Skoon en netjies. Als wat mens nodig he...
Sien meer
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Maryke Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 67

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 59 Charles Hoffe Avenue, Melkbosstrand, Melkbosstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Listen to the Waves het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 799
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 799
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 799
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 2 volwassenes
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 59 Charles Hoffe Avenue, Melkbosstrand, Melkbosstrand, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDk2NmVmOWYxLWY2ZGItNGZmMy1hMDJjLTIzYzllNDYzZDY0Nw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R799 per nag (plek vir 2) 67 5 1 5 59 Charles Hoffe Avenue Melkbosstrand 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.699129672284 18.442163765431

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang