Lord's Wine Farm
- Kapasiteit: 18 persone
- Geen kinders onder 3
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lord's Winery, Voortrekker Road, McGregor, 6708, Wes-Kaap
- Vanaf R960 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Lord's Wine Farm is aan die noordelike hange van die berge wat Robertson en die vrugbare McGregor-vallei omring geleë. Dit skuil tussen fynbos en proteas.
Verblyf by Lord's Wine Farm word in 2 elegant versierde grondverdieping-woonstelle en losstaande huise met slaapplek vir 6 en 8 gaste aangebied.
Elke woonstel het 'n koningingrootte-bed wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kamers het elkeen 'n kombuisie met tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskassie, mikrogolfoond, eetgerei en breekware.
Daar is ander geriewe soos gratis WiFi, veilige parkeerplek en braaigeriewe.
Singleton House is 'n privaat huis op die perseel van Lord's Wine Farm. Dit is ideaal vir 'n groter groep vriende of familie wat die stadsgedruis wil agterlaat. Die huis beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het ook 'n koninggrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens.
Blue Crane House beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers, 'n buite- en binnebraai, 'n kombuis wat goed toegerus is en 'n leefarea. Daar is 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, ketel, koffiemasjien, broodrooster, eetgerei en breekware in die kombuis. Die oopplan-leefarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste en 'n sitarea met rusbanke en 'n TV. Die huis het WiFi en bied 'n pragtige uitsig oor die fynbosryke omgewing.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Jacques Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 41
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Lord's Winery, Voortrekker Road, McGregor, 6708, Wes-Kaap
- Gaste dink Lord's Wine Farm het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 18 persone
- Geen kinders onder 3
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lord's Winery, Voortrekker Road, McGregor, 6708, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang