Maninghi Lodge
Kry 15% af op alle besprekings wat 4 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 16 Parsons, Balule Nature Reserve, Hoedspruit, 902, Limpopo
-
Vanaf
R4 700R3 995 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Maninghi Lodge is in die Noordelike Parsons-deel van die Balule-wildreservaat in Hoedspruit, wat lei na die Krugerwildtuin. Aangesien dit oop is teenaan die Krugerwildtuin beteken dit dat allerhande wild tussen die reservate beweeg, insluitend die Groot Vyf, jagluiperds en wildehonde. Dit is moontlik om wild te kyk van die lodge se gronde af. Die voëllewe is ook fantasties.
Die hooflodge is op die rivieroewer en bied uitstekende uitsigte oor die Olifantsrivier en, op ’n helder dag, die Blyderivierspoort. Die hooflodge het 3 slaapkamers, wat dit ideaal vir paartjies, families of groter groepe maak. Elke kamer het ’n koningingrootte-bed en ’n en suite-badkamer. Daar is ook 2 struktuurtente met gemeenskaplike badkamergeriewe wat 30 m vanaf die tente geleë is.
Die gemeenskaplike areas sluit in: die ten volle toegeruste kombuis, ’n lekker sitarea met tee- en koffiemaakgeriewe en ’n eerlikheidskroeg, 'n eetkamer, lapa, swembad en beperkte toegang tot die tuin met sitareas wat uitsigte oor die river en wildlewe bied. Daar is ’n uitkykdek wat ’n uitsig oor die tuin en rivier bied in die rigting van 2 pragtige wildevyebome. Gratis WiFi is regdeur die hele lodge beskikbaar.
Die lodge bied oggend- en laatmiddagwildritte, sowel as begeleide staptogte in die reservaat. Neem asseblief kennis dat daar nie self bestuur mag word of nagritte onderneem mag word in Parsons nie. Daar is verskeie plaaslike besienswaardighede in die area, waarheen gaste self kan ry of kan kies om ’n gids vir die dag te gebruik.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Victoria Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- 16 Parsons, Balule Nature Reserve, Hoedspruit, 902, Limpopo
- Gaste dink Maninghi Lodge het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 16 Parsons, Balule Nature Reserve, Hoedspruit, 902, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang