Successfully reported
+31

Menlo View Guest Rooms

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Geen kinders onder 2
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 40 24th Street, Menlo Park, Pretoria East, 0081, Gauteng
  • Vanaf R780 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Menlo View Guest Rooms is selfsorg-eenhede in Pretoria-Oos, Menlo Park. Menlo Park is 'n stil buurt, ryk aan bome en voëllewe. Die restaurante by The Village is omskep in 'n feetjielig-wonderland en is binne loopafstand van die eenheid.

Die Family de Luxe-eenheid is geskik vir 3 gaste en is gemeubileer met 'n dubbelbed en 'n enkelbed in 'n ander area wat deur 'n skeidsmuur geskei word. Die kamers deel 'n badkamer met 'n groot instapstort, wasbak en toilet. Die eenheid het 'n leefarea tussen die kamers met 'n volledig toegeruste kombuis, bank en 'n tafel met stoele. Daar is 'n verstelbare platskerm-TV met DStv teen die muur. Daar is 'n sonkragstelsel met batterye wat verseker dat gaste nie deur beurtkrag geraak sal word nie.

Die Tuinkamer bied slaapplek vir 2 gaste. Daar is 3 trappe wat na die houtdek lei. Die kamer is toegerus met 'n dubbelbed, en die en suite-badkamer is toegerus met 'n instapstort, wasbak en toilet. Die sitkamer is toegerus met 'n slaapbank en 'n TV met DStv. Die kombuisie is toegerus met 'n mikrogolfoond, ketel, yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe.

Gaste het toegang tot gratis WiFi, DStv en die tuin. Daar is 'n privaat patio vir elke eenheid en veilige parkering op die perseel. 'n Sonkragstelsel met batterykrag in die nag is beskikbaar om te verseker dat daar geen kragonderbrekings is nie.

Daar is talle hospitale in die omgewing. Menlyn Mall, Menlyn Maine, Sun Arena, Times Square en die Ooginstituut is naby hierdie verblyf. Afriforum Teater is 1.7 km van die eiendom af.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Openbare vervoer naby

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 286 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Kobus V
5.0
Bekostigbare verblyf vir oornag. Goed geleë in stil doodloopstraat. Ek het saam my tienerdochter gereis en die 2 aparte kamers het baie lekker gewerk....
Sien meer
Sep 2025
Petria S
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik gebly, skoon, netjies, veilig en privaat. Ons het heerlik gebly, alles was soos dit op die foto's was. Marthie is 'n bedagsame gasvrou. Die ee...
Sien meer
Sep 2025
Elize S
Saam met lewensmaat
5.0
Baie skoon en veilig. Ons het een aand oorgebly. Menlo View is pragtig en skoon. Marthie was baie akkommoderend met my inkloktyd wat die heel tyd vera...
Sien meer
Sep 2025
Kobus V
Gesin met klein kinders
5.0
Klein maar so slim uitgelee. 5 ster verblyf, area was ook so sentraal.
Sep 2025
Sussanna A
Gesin met tieners
5.0
Lovely. Lovely! Neat and clean, very good!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Yvonne Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 286

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 40 24th Street, Menlo Park, Pretoria East, 0081, Gauteng
  • Gaste dink Menlo View Guest Rooms het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 780
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 780
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 780
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Geen kinders onder 2
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 40 24th Street, Menlo Park, Pretoria East, 0081, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAF5SDON2oJl9wGVsR9k8XaaTAj64EEvOH9TUldXaIzS1vxDdsUG?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R780 per nag, vir 2 mense 286 5 1 5 40 24th Street Menlo Park 0081 Gauteng 021 201 8901 15:00-20:00 10:00 -25.774845295098 28.26432388541
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang