Middelburg Country Club
- Kapasiteit: 30 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 74 Eufees Street, Clubville, Middelburg, 1050, Mpumalanga
- Vanaf R1 400 per nag (plek vir 2)
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Die Middelburg Country Club spog met ’n luukse gastehuis met 35 eenhede wat perfek vir sakereisigers, sportmanne- en -vroue, sportspanne en naweekgroepe gerig is. Gesinne is meer as welkom en die jongspan kan veilig op ons groot perseel speel.
Al die slaapkamers het en suite-badkamers met storte en het ook stoepe met ’n braai wat op die gholfbaan en motorafdakke uitkyk.
Die standaardslaapkamers bied lugversorging, 'n slaapkamer met 2 dubbelbeddens, 'n TV, spieëltafel met ’n stoel, etenstafel met 2 stoele, en suite-badkamer, volledig omheinde stoep met 'n tafel en stoele en 'n uitsig oor die pragtige 18 putjie-gholfbaan.
Die lodge se gaste word outomaties tydelike lede van die Middelburg Country Club en kan daarom deelneem aan al die sportsoorte en gebruik maak van al die fasiliteite vir die duur van hul besoek.
Die klubhuis bied ’n à la carte-restaurant, hoofkroeg met dansvloer, ’n intieme kroeg met snoeker- en pooltafels, konferensielokale, 3 muurbalbane, 6 tennisbane, 2 rolbalbane, ’n swembad, ’n verversingstasie en ’n gholfwinkel. Die Country Inn Restaurant bedien ’n verskeidenheid ontbyte, middagetes, geregte van die dag en aandetes.
Die manjifieke 18-putjie-gholfbaan was al gasheer vir ’n aantal Suid-Afrikaanse en provinsiale kampioenskappe en bied ’n uitdagende potjie gholf met ’n skuins kikoejoe-skoonveld, ’n reguit setperk en ’n veldgras-ruveld.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.1/5
Middelburg
Country
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- 74 Eufees Street, Clubville, Middelburg, 1050, Mpumalanga
- Gaste dink Middelburg Country Club het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 30 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 74 Eufees Street, Clubville, Middelburg, 1050, Mpumalanga
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang