Successfully reported
+36

Mossdop

  • Kapasiteit: 13 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 11 Bob Bouwer Crescent, Bayview, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Vanaf R5 500 per nag (plek vir 13)

Beskrywing

Mossdop is 'n lieflike vyfslaapkamer-selfsorghuis reg teenaan die strand en is in Bayview in Hartenbos geleë.

Dis ideaal vir 'n gesin of 'n groot groep en bied gerieflike verblyf vir tot 13 gaste. Daar is 2 kamers met dubbelbeddens, terwyl die ander 3 elkeen enkelbeddens bevat. Elkeen van die slaapkamers het 'n privaat badkamer en sommige het ook 'n lieflike see-uitsig. Gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, 'n yskas-vrieskas en gaste kan hul maaltye in een van die eetareas geniet. Verder is daar ook 'n skottelgoedwasser, tuimeldroër en wasmasjien beskikbaar. Die oopplan-leefarea het 'n ingeboude braai-area en van hier kan gaste die kinders op die strand dophou. 'n TV is beskikbaar, maar gaste moet asb. hul eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saambring. Ons kan 'n dekodeerder reël teen ekstra koste.

Gaste kan heerlik ontspan of met die strand langs stap. Daar is lewensredders aan diens tydens die spitsseisoen. Mossdop is net 'n kort entjie se ry vanaf die Langeberg Mall en Mosselbaai, met 'n wye verskeidenheid doendinge en besienswaardighede vir die hele gesin, is net 8 km hiervandaan.

Kamer-opset

5 Slaapkamers 5 Badkamers, 5 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

3

3 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

4

4 x Enkelbed / Driekwartbed

Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 24 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.6
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Tarryn D
5.0
Fantastic. Die verblyf was ongelooflik. Die voordeur wil nie oop en toe gesluit nie. Ons moes die agterdeur gebruik. Geen garage sleutel is gelos nie.
Aug 2025
Jo-anne F
5.0
Fantasties. Die verblyf was alles wat ons wou hê. Ons het baie lekker gebly. Sal dit vir seker aan beveel.
Aug 2025
Lisa V
Gesin met tieners
5.0
Lekker by die see. Ons het heerlik gekuier by Mosdop. Perfek vir 'n groot groep met kinders. Huis en kamers is baie ruim, genoeg plek vir almal.
Aug 2025
Cecilia G
5.0
Ekt net een woord, ongelooflik! Dit was alles wat ek voor gehoop het, netjies, ruim vertrekke. Ek is gek oor oop spasies. Daar is genoeg badkamers vir...
Sien meer
Apr 2025
Carl B
Saam met vriende
5.0
Baie lekker. Baie goed geleë met baie lekker strand voor die huis.
Nov 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Marlene Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 24

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 11 Bob Bouwer Crescent, Bayview, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Gaste dink Mossdop het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 5 500
per nag (plek vir 13)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 5 500
per nag (plek vir 13)
Vanaf
R 5 500
per nag (plek vir 13)
Bespreek
  • Kapasiteit: 13 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 11 Bob Bouwer Crescent, Bayview, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA51b5ca604045f6e5b95d25cdd45f953f8382085dc459b235014bc38886837f9c67b67a69d25bdc7da3034d51da0a58ba6568?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 500 per nag (plek vir 13) 24 5 1 5 11 Bob Bouwer Crescent Bayview 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.139888888889 22.111883333333

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang